uit tronkaantekeningboek nr 8 (1930-1932) van Antonio Gramsci, toe hy op Turi di Bari aangehou is
**
in Maart 1932 se L’Italia che Scrive haal Luigi Tonelli aan
uit Pietro Mignosi se boek Epica e santita en Tonelli merk op
dat die werk ‘n pragtige canto bevat –
nogal in die trant van Rimbaud –
ter ere van die "arme diere", en met hierdie woorde:
"Wurms en muise,
vlieё en luise
en digters
wat al die wȇreld se wapentuig
nie uitgewis kan kry nie."
tot hier sy vrye nota.
Want al was Lorca vier jaar later in lae Granada
bly Homeros en hy
in mekaar se goeie hande

