So they sent twelve thousand warriors to Jabesh-gilead with orders to kill everyone there, including women and children. "This is what you are to do," they said. "Completely destroy all the males and every woman who is not a virgin." Among the residents of Jabesh-gilead they found four hundred young virgins who had never slept with a man, and they brought them to the camp at Shiloh in the land of Canaan. Judges 21:10 (Wonder hoe hulle bepaal het wie is maagd al dan nie. Het hulle eers ondersoek ingestel, en daarna die wie nie as maagde bevind is nie vermoor?)
Now kill all the boys and all the women who have slept with a man. Only the young girls who are virgins may live; you may keep them for yourselves. Num.31:18
But you may keep for yourselves all the women, children, livestock, and other plunder. You may enjoy the spoils of your enemies that the LORD your God has given you.Deut 20:14
They must be dividing the spoils they took: there must be a damsel or two for each man, Spoils of dyed cloth as Sisera’s spoil, an ornate shawl or two for me in the spoil. (Judges 5:30 NAB)
Vandag sou bogenoemde dade as “war crimes” bestempel wees, en die skuldige Leier in die Wêreldhof aanspreeklik aangehou word vir sodanige dade.
Jaco Fourie


Kommentaar
Beslis nie volgens die Geneefse konvensie nie; sulke dade sou vandag inderdaad as oorlogsmisdaad gesien word. Ek sien jy haal weer in Engels aan; dis dalk makliker verkrygbaar in die Engelse Bybel. G'n wonder die Engelse het dit min of meer nagevolg gedurende die Engelse oorlog nie met hulle verskroeide-aarde-beleid en als.
Nonsens wat julle praat, Jaco en Jan Rap.
Gedurende beide wêreldoorloë en die Koreaanse oorlog is die VYANDELIKE plaaslike siviele bevolking spesifiek geteiken as sagte teikens want die ondersteuning vir die gevegsmag het juis vandaar gekom. Om dus die siviele bevolking te verneder, af te maai en te neutraliseer, is absoluut deel van enige konvensionele oorlogspoging se strategie.
Toe die Duitsers in Europa en oos Europa en Rusland ingeval het, was dieselfde met die plaaslike bevolkings gedoen en die voue was selfs meegevoer of verkrag. Toe die geallieerdes Duitsland binneval, het dit ook so gebeur. Ou oorlogstaktiek.
Kyk hoe baie Koreaanse en Vietnamese vroue het na daardie twee oorloë in Amerika hul verskyning gemaak... vrywillig daarheen geswem? Nimmer nie - hulle was meegevoer as oorlogsbuit. So ook met Duitse vroue uit Duitsland. Duitsland se seuns se lyke het die strate en puin vol gelê nes die in Stalingrad - want hulle was bewapen en het verwoed geveg en was veral gebruik vir verkenningswerk omdat hulle oral kon inkruip, rondkruip en wegkruip. En die vroue het oorlogsmateriaal en voedsel vervaardig.
Geeneen van daardie oorloggeneraals was nog ooit vir julle soort hipokrisie vervolg, nie, en niemand stel dit voor, nie. Wat Hitler se kohorte met die Jode gedoen het, egter, gaan selfs daardie perke verby. Daarom word hulle steeds vandag vervolg as hulle nog lewe en gevind kan word.
In Bybelse tye was dit nog meer so. Vroue was sterk, fisiek en paraat - seuns het geveg as hulle 'n skerp ding kon hanteer - en dit was bloedjonk. Klein seuns was behendig met pyl en boog en slingervel ('n gedugte oorlogswapen en spesialis wapentuig van, byvoorbeeld, die Benjaminiete - Rigters 20:15-16) Onthou dat twaalfjariges as volwasse beskou was toentertyd en weerbare kinders van 10 jaar of jonger, lankal as 'manne' gesien.
Die tweede protokol van die Geneefse konvensie (wat eers uit 1949 n.C. dateer, en nie 1440 v.C. - Moses se tyd - nie) is net van toepassing op mense wat nie aktiewe deelname het aan die vyandelikhede nie - Ek wys dat dit dus oor die algemeen alle vroue en seuns uitsluit, omdat die of in die vervaardiging van wapentuig betrokke was, of selfs geveg het.
Die Hiler Jugend en die Deutsches Jungvolk het kindertjies van 10 jaar oud en selfs jonger, onder die wapen gesien - en in Bybelse tye was sulke kinders bykans as volwassenes gereken en was geskik vir koningskap, ens. Joas, byvoorbeeld, was al op 7 jarige ouderdom, koning en Josia, op 8 en laasgenoemde het boonop met wysheid regeer (2 Konings 11:21; 22:1-2).
Oorlog moet vermy word, maar dit is iets wat van twee kante moet kom. Indien nie, en oorlog breek uit, is dit 'n kwessie van dood, verminking en onderwerping - die doel van oorlog. In oorlog is daar geen troosprys vir die naasbeste nie, want daar is nie 'n naaswenner, nie.
En in die Bybelse tye was die volk se teenstanders veel meer brutaal as vandag se moderne soldate - dit was deel van die lewe vir hulle.
Daarom is julle hipokritiese kritiek deursigtig en kwaadwillig en natuurlik weereens insigloos- beide van julle.
Wat my verbaas, is dat julle beide die sitasie en omstandighede vandag, vergelyk met die Bybelse tyd van bykans 3000 jaar gelede, so asof dinge nooit verander het, nie. Of kwaadwilligheid of onkunde - ewe erg. Julle twee se sekulêr humanistiese hipokrisie is siek.
Oorlog is verskriklik - vermy dit heeltemal, deur reg te lewe volgens die Gebod van God, of verduur die grusame gevolge daarvan sonder om langs die kantlyn in die kot te sit en die speelgoedjies uit die kot te gooi.
Kobus de Klerk
Kobus
Weereens 'n klomp snert om die Bybel wreedhede te verbloem. Jou Bybelkennis is bra gebreklik. Fundamentaliste het dit dat God nooit verander nie, juis omrede hy God is. Die wreedhede hierbo genoem is gedoen op God se direkte opdragl. Of pas God ook aan met die menslike veranderinge in tyd?
In genoemde Bybel tekse se God: Maak dood! Verkrag die maagdelike vrouekrygsgevange! Maak dood alle mans, insluitende jong seuns! Plunder jou vyand se besittings!
Hel! en jy wil dit wegpraat met al die kak van die jongste oorloe, wat boggeral met genoemde Bybeltekse te doen het. Die genoemde oorloe wat jy aanhaal, is menslike misdade. Die wat vanuit die Bybel aangehaal is, is Goddelike misdade.
Jaco Fourie
Kobus.
Jy skryf: "Wat my verbaas, is dat julle beide die sitasie en omstandighede vandag, vergelyk met die Bybelse tyd van bykans 3000 jaar gelede, so asof dinge nooit verander het, nie"
Jy praat met 'n gesplete tong. Die tekse mbt sodomie is meer as 2000 jaar oud, en die wil jy nog vandag toepas asof veranderinge intussen nie plaasgevind het nie, maar waar God se wreedaardige optrede vir jou 'n verleentheid is, die se jy kan jy nie vandag in aanmerking neem nie.
Wees tog konsekwent
Jaco Fourie
Jaco,
Dit is mos te wagte dat ’n dwaas soos jy (Psalm 53:2), só sal reageer – insigloos.
Die werklikheid is dat ek juis nié te kenne gee dat God en Sy Waarheid verander het nie, maar dat die redes vir geweld en oorlog – liefdeloosheid en afvalligheid en ongehoorsaamheid aan God, of dit nou deur die politiek of deur afvallige religieë of beide, aangebring word - lei tot die dood (Genesis 2:17; Romeine 6:23; Jakobus 1:15) of dit nou in die vorm van oorlog of andersins, is. Juis vandag nog. Daarom kritiseer ek julle dat julle maak asof die nou skielik kwansuis ’n ‘misdaad’ is. Dit is steeds die gevolge van mense se Goddelose lewenstyl en die politiek wat hulle dienooreenkomstig bedrywe en die gevolge tref algar. Bring dit nou in verband met my afsluiting “Oorlog is verskriklik - vermy dit heeltemal, deur reg te lewe volgens die Gebod van God, of verduur die grusame gevolge daarvan sonder om langs die kantlyn in die kot te sit en die speelgoedjies uit die kot te gooi”.
Verder beteken dit wat ek skrywe, dat die manier hoe die mens vandag onderskei tussen kind en grootmens en die rol van vroue, verander het sedert die Bybelse tye – dít is wat verander het – nie God of Sy beginsels, nie. Ook nie die werklikheid nie - want nes destyds, kinders word steeds in grootmens rolle vir oorlog ingespan (soos ek aangedui het) en vroue is steeds aktief by oorlog en niemand spring dit vry, net omdat hy jonk of sy vroulik is, nie - daarom beteken julle kritiek aan die hand van die Geneefse konvensie, niks.
Moedig mense liewer aan om verantwoordelikheid te aanvaar en te leef volgens God se gebooie – dan sal daar nie oorlog wees, nie. Dít is my punt.
Toe, kom wys vir my, waar het ek gesê dat God verander het – jou eie woorde “Fundamentaliste het dit dat God nooit verander nie, juis omrede hy God is”. ‘Fundamentaliste’ is reg oor God! Hy verander nié en ook nie Sy Woord, nie. Waar het ek anders gesê? En wat is ‘fundamentalisties’ daarvan om te sê en te glo en weet dat God nie verander, nie?
Dus, wat 3000 jaar gelede sonde was, is steeds sonde en word steeds bestraf by dié wat dit nie in die verlossende Krag van Jesus Christus die HERE wil aflê, nie – steeds met die dood – oorsaak en gevolg én die finale dood. Die feit dat God lankmoedig is en die finale dood by die Oordeel uitstel (2 Petrus 3:9) verander nie die gevolge, nie.
Daar is dus nog hoop vir jou, ook.