U-draai
Verlore siele
verdwaald in
'n goedgemerkte padkaart
soek tevergeefs
na u-draaiplekke
om ontslae te raak
van die verlede se vlekke.
Die leiers van lewens
aap ons na;
beset ons siele.
Van rocksterre en rebelle
tot selfsugtiges en selfgesentreerdes
kruip ons agterna;
verafgod ons;
totdat die heiliges begin kla.
Die nuwe generasie,
Rockers,
is gevinde
verlore siele
verdwaald in 'n
goedgemerkte padkaart.
Lei die chemically imbalanced
na die drankdokter.
Lei die rookversmoordes
na Johannesburg.
Kry nog, kry nog,
kry vir julle nog
'n oordosis ongeluk
en goeie giffies.
Kry nog, kry nog,
kry vir julle nog
'n oordosis geluk
en lewenslus.
Kry nog, kry nog,
kry vir julle nog
van die spoedkaartjies
en versmaal dooie verkeersbeamptes.
Verlore siele,
kry nog, kry nog,
kry vir julle
'n goedgemerkte padkaart.
Verlore siele,
kry nog, kry vir julle
'n u-draaispot
en ry teen die son!
![]() |



