Tyd

  • 1

Foto: Pixabay.com

“daar is geen voortuitgang of agteruitgang gewoon gang”

tussen die interval van x en y
lê ’n greepsel tyd ingeboggel

geïsoleerd
vir dié disseksie
word tyd getemper

vergrype aan die vasgryp van tyd
gaan as ’n gegewe altoos mis

met die eerste teug
begin die uurglas uitbloei
ongestoord inloop
polsslag vir polsslag

tiek tak tiek tak tiek tiek tiek
matematies korrek

overgesetsynde tyd
stu gulsig voort
en ontbreek

aan eenvoud

tyd fnuik ons

tyd swem in woordstrome

tyd is ’n krummel wat ’n brood geword het

tyd se vet wangetjies hou glimlagte teë

tyd is ’n gesplyte granaat wie se ingewande vloerlangs lê

tyd is gevange in kontrapuntale tentakels
uitgeloog tussen gisters en môres

dit alles terwyl die hede
in der waarheid
dié poppe laat dans

en dit was aand en dit was môre

en dit was aand en dit was môre

loeb doef loeb doef ...

  • 1

Kommentaar

  • Baie beïndruk met jou skryfstyl, Marius. Jy is uiters waaghaalsig met die vorming van nuwe woorde – beslis ’n bate. Ek dink jy kan trots wees op die eerste prys – verdienstelik.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top