"Tyd staan stil" deur Lou-Mari Burnett

  • 0

Tyd staan stil

Tyd staan stil tussen niks en nêrens
Ritmes tik, ek hoor dit êrens
Jou asemhaling word rustig en kalm
Droomland vat jou deur ? reis op sy palm

REFREIN:
Wanneer dit doodstil word en jy die stilte kort
Wanneer dit donker raak en die wyser staak
Lê net hier, waar jy maklik tyd verduur
Want daar is net een ding
een mens wat sekondes ? oomblik maak

Die dag is lankal verby
En ek wens jy kon altyd hier lê aan my sy
Maar ek weet die wyser gaan ons nou wakker tik
So lê daarom stil hier, vir net nog ? kleine ruk

REFREIN

Tyd staan stil tussen niks en nêrens
Ritmes tik, ek hoor dit êrens
Jou asemhaling word wakker en ek klop
Droomland eindig jou reis met my hartklop

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top