"Tyd" deur Ruan Vassis

  • 0

Tyd

Wie steel die tyd
elke keer wanneer ek jou vashou?
En die tyd hardloop onder ons uit
Ek s? vir jou my engel dis waar ek wil wees
Hier by jou

Als wat ek wil h? l? in jou hart opgesluit
In die donker wolk wat oor my waak
is jy die sonstraal wat die donker oopbreek
My lig in die donker
My engel ek wil net hier by jou bly

KOOR:
Ons tyd hardloop uit
Kyk nooit terug, wees nooit spyt
Maar wie het die tyd?
Ons almal lewe so in ons eie tydsone
Almal met hulle eie drome
Maar wie het die tyd?

Is jy ? kluisenaar in jou gewete?
Ek kon my humeur nie meer langer beheer
Ek’t my gewete weggesmyt
Oor als wat jy aan my gedoen het
Ek’t vergewe en vergeet
My bloedwonde genees
Maar nou kom jy terug en herbou die brûe
na die verlede wat ek lankal afgebrand het

KOOR

Wie steel die tyd?
As jy my vashou en vir my s?
dis als wat jy wil h?
Die tyd hardloop onder ons uit
Wie steel die tyd?

Die uurglas se sand
Loop al vinniger en vinniger
Die klok se wyser werk oor tyd
Wie steel die tyd?

KOOR

Môre is nog ? dag
Of is dit ons laaste nag?
Al wat ons kan doen is om
die tyd verby te lag
Maar wie het die tyd gesteel?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top