Twee verse vir Eugene

  • 0

1. 

Witborsduif
na Breyten Breytenbach

Dokter, stuur vir my ’n witborsduif,
want niemand sal ’n koevert wat wit is, skiet nie.
Gooi my witborsduif hoog in die lug
sodat al die digters sal dink dis ’n wit sakdoek
en vredesverse skryf op hulle galeie.
Kyk, my duif styg op en my duif gaan onder,
en waar hy vlieg skitter silwer dennenaalde
en al die bome raak hoog
en hulle skaduwees los ’n blos op my vel.
My duif reis met my mee soos ’n engel,
sy vlerke wit soos ’n mantel.
Ek sal van sy ekstase bly weet
soos van die vlerke
waarsonder ek nie kan vlieg nie.

2.

Ampule

Vele dank vir elke broos geknakte nek:
elke swanesang laat bot ’n rooi newelvlek,
laat my pyn vlerke kry, my sinne kwingkwang,
versalig my vlees en verlig elke donker vertrek.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top