"Twee kante van dans" deur Willie Louw

  • 0

Twee kante van dans

[Arno]
Goeienaand, dames
[Raptor]
Whazzup

[Arno]
Elke keer dieselfde ding
Ek wens ek het verstaan hoe meisies dink
Ek spandeer soveel geld om ? date vir ons al twee lekker te maak
Vuurwerke, Taylor Swift, ek het selfs geleer vasdans
Maar dis elke keer dieselfde ding, hulle ignoreer my
Ek sou dink ek is beter as hy

[Raptor]
KFC take-aways, ek weet hoe om jou ? goeie tyd te wys
Ek kan nie dans as jy my vashou nie
Unleash the beast
Ek het nie nou tyd vir verhoudings nie
Ek wil net dans en raas en laat gaan slaap
As iemand my wou leer is dit nou te laat

REFREIN:
Elke keer dieselfde
Alles is altyd dieselfde

[Raptor]
Ek is die dinnousaurus van dans
[Arno]
Asseblief dames, kom saam met my
[Raptor]
? Historiese ontdekking wat die beats terugbring
Almal staan stil terwyl Arno sing
Spring, spring, spring
Raptor maak jou dans in ? kring
[Arno]
Stilletjies is seker meer my ding

REFREIN

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top