Clifton, laatmiddag
Ek laat sak my pen & sien NP aan-
gestap kom, die son ? laat-nektarien.
“Is dit ’n gedig in jou sak,” vra ek,
“of is jy net bly om my weer te sien?”
Clifton, middernag
’n Vlieswolk skil terug oor die maan, ’n melkige ring
oor sy goue glans, waar ek probeer met woorde goël.
NP kom staan buite my leeslamp se goue kring
& vra, “Sal jy om godsnaam nou afklim van my voël?”
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.
Kommentaar
Heerlik op hierdie sonskyn-oggend met Clifton se waters wat blink!