"Twee-alleen" deur Petri Jacobs

  • 0

Twee-alleen

Soms maak ek my oë ? oomblik oop
en verbeel my dit is jy wat by my deur inloop
Sien ek vir ? soete sekond
Die halwe glimlag om jou mond

Soms maak ek my oë ? oomblik toe
en verbeel my dit is jy wie ek ruik en voel en proe
Ek probeer om jou te vergeet
maar my oë wil niks daarvan weet

Soms huil my oë ? oomblik blink
en verbeel ek my dat jy daar ver aan my ook dink
En al my vrese en pyn en smart
wil vertroos met alles binne jou hart

Soms dwing ek my oë ? oomblik weg
en verbeel my jy is wreed, gemeen en sleg
Maar my oë luister nooit na my
want al wie my oë kan sien is jy

Soms wil my oë ? oomblik bid en wens ek dat jy
ook eintlik vir altyd wou bly
Want in alles waarvan my oë hou
sien hulle iets wat my herinner aan jou

Soms weier my oë om weg te kyk
en wys my dat jy is hoe vreugde en blydskap lyk
Kom kyk: die liefde in my oë se blou
behoort van altyd tot ewig net aan jou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top