Tussen Dieptes
Daar onder by die Weskus lê ek en verlang
na die alledaagse dinge wat hier om my aangaan
Een ek wonder, moet ek vir jou sê?
Jy is al wat ek wil hê
Tussen dieptes en alleen wees, het jy my kom red
en vir alles wat jy is sal ek alles gee wat ek het
Oor die grootste, koudste berge sal ek jou kom haal
en vir alles wat jy is het ek diep vir jou geval
Hier waar ek nou sit, kyk ek hoe die son afgaan
en alles wat ek sien lyk net so mooi soos jy vanaand
Een ek wonder, moet ek vir jou sê?
Jy is al wat ek wil hê
Tussen dieptes en alleen wees, het jy my kom red
en vir alles wat jy is sal ek alles gee wat ek het
Oor die grootste, koudste berge sal ek jou kom haal
en vir alles wat jy is het ek diep vir jou geval
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.