"Troos lê in die halfmaan" deur Claus Wegmann

  • 0

Troos lê in die halfmaan

Ek voel die sagte warm brand van 'n somersdag
maar ek voel nog steeds geen lus of krag
Ek weet hier vorentoe op my lewenspad
lê 'n haarnaalddraai vir my en wag

So my diere span aan my harnasvoor
gee my weer 'n hupstoot
Ek misbruik net hierdie halfaam wyn
Ek glo dit werk mos vir die geestelike pyn

REFREIN:
Halfdag , halfedel
halfpad klaar gelewe
My hart bly 'n half-fabrikaat
'n halwe emmer vol haat
Maar half dronk vanaand
dans ek weer onder die halfmaan

Psalm beryming en Psalm gesange in die kerk
bou mos die omgewing se fondamente sterk
Maar wat help dit nou eintlik
as almal halfluid luister?

So my vraag van die prysvraag bly nog staan
Wie gaan ons eendag 'n antwoord gee?
Ek gebruik maar die persepsies wat 'n bottel my kan gee
my kwaaddenkende kure is gedaan

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top