Tronk Tattoo
Bedaar my seun
daar is beter dae wat voorlê
Die drank het als gesteel
Het jy 'n les hieruit geleer?
As jou pa jou nou wou sien
sou hy dalk trots op jou kon wees
Ek't altyd gehoop hy sal my hier wegsteel
REFREIN:
Soos 'n verwilderde dier ontsnap
en weggehardloop van alles af
Ek verstaan jou onverantwoordelikheid
Ek voel dit self
Ek voel dit self
Ek voel jou binne in my
Bedaar ou man
Jou verlede gaan jou opvang
Jy't jou probleme verkeerd opgelos
en meer probleme veroorsaak
Hoe kan jy jouself so jammer kry?
Jy't die persoon geword wie jy so haat
Die appel val reg langs die boom af
REFREIN:
Ek het al baie probeer ontsnap
en besef dat ek in jou spore trap
Ek verstaan jou onverantwoordelikheid
Ek voel dit self
Ek voel dit self
Ek voel jou binne in my
Dit was dalk my skuld
? Ongewenste kind
As dit my keuse was sou ek daarteen besluit
en vir altyd ongebore bly


