tromsirkel by die ewening
eiervrug en jong bamboes
reënboogforelle in die bergstroom
hoor jou hande rym
met mekaar
op hierdie djembe
van hout en vel
(’n boom moes val en ’n bok moes bloei)
seën hulle
seën die land met koringmaas en groen vye
met mandaryn en vuurlelies by die waterval
spreek boegoe en blouvlinders uit oor die valleie
seën die gemsbok en die glasogie seën hulle
met henna aan jou hande