Op 'n erge skynheilige trant veins jy die volgende in 'n woernaal iewers aan my: "Liewe Cornelius, Dankie die moeite met jou laaaang brief. Hoe klink dit my julle aktiewe Netters is net ingestel op persoonlike kommentare? Waar kry julle die tyd? Ek is eerlik met jou dat sulke briewe deur my net vinnig ge-scan word. My brein is geleer om dinge vinnig te sif. Nut bly, nonsens verdwyn. Leer saam my om net op jou Here te fokus, nie op mense. Anders word ons gereken as geestelik onvolwasse. Hoe gaan die ongelowiges by ons leer? Skei mense se gees van hul vlees. Iemand wat kwaad word, het klaar die geveg verloor. Ek is angstig om te lees die dinge waaroor jy gewoonlik skryf. Wat kan jy my leer. Los kommentare. Ek kannie wag om jo? potensiaal en bediening te ontdek. Eerlikwaar het ek ook nie ‘n saak met KdK se verlede nie. Wie weet, dalk was myne erger – of joune nog ERGER? Waar trek ons streep? Los sy verlede uit! Ek het rerig nie tyd om dit eers op te soek nie. Vir my is dit nonsens en verlore tyd. Die ware gelowige doen gereeld restitusie. Ek glo dat KdK klaar sy verlede van sy seun met God uitgemaak het. Skuldig of onskuldig. Pasop, môre kan trauma aan jou deur klop, en skielik staan jy kaal. Die maat waarmee ons meet, sal ons gemeet word. Ek verloor baie gou my respekte vir mense wat ander se verlede nie kant uitlos, dit is pleinweg skinder. Vir diesulkes is ek bang. Want, vir jou steek hul net so gou in die rug. Wysheid word duur bekom. Liefde"
Ja Trienie, daarmee probeer jy sekerlik dan ook juis die vermaning in die "laaaaangste" gedeelte van my getik aan jou naamlik Matteus 23, van die tafel afvee.
Nee Trienie, hoe kan jy jouself so wil pas nadat jy die een is wat Kobus de Klerk se anderhaat onder die titel "Stryder vir die Geloof" aangeblaas het? Hoe kan jy so roekeloos "scan" net wat jou pas om hom op 'n troon te kan plaas? Hoe "fokus jy op die Here - nie op mense" en verhef dan Kobus de Klerk ten koste van al die slagoffers aan sy godsdiensboewery op die werf? Wat moet ongelowiges by "ons" leer? Wat laat jou dink gegronde kritiek beteken "kwaad"? As jy so "angstig " is om te lees waaroor ek gewoonlik skryf, hoekom gaan jy nie net gewoon op my profiel wat anders as joune en die gesiglose Kobus de Klerk, oop is nie? ...
Agge nee hel Trienie; wyl jou "stryder vir die geloof" geeneen wat hom teenstaan se geliefdes eens in die verlede gespaar het nie, kwyl jy dit aan my; "Los sy verlede uit!".
Kobus de Klerk het ook nog nooit nederig hier oor teenoor sy verlede gestaan nie. Volgens jou stryder is hy nog altyd onskuldig wyl hy lustig ander se harte verniel ...
Trienie, as jy nie die tyd het om behoorlike en deurdagte insette te lewer nie, laat dit liefs daar.
Nes Kobus de Klerk en die Fariseërs wat deur Jesus Christus onse HERE in Matteus 23 gewaarsku word, is jy ook duidelik net op die uiterlike gefokus (kamstig sodat die ongelowiges by "ons" moet leer) naamlik roem, spirituele intelligensie, status, erkenning, ensovoorts ... niks van die waardes wat jy hier probeer voorhou om die ongelowiges mee te beïndruk is werklik nie ... dis als verganklik ... selfs jou Bybel is net stof ...
Hoe kan die Gees in iemand woon wat gedurig op die uiterlike fokus; mense in kampe wil bepaal - lapelle op hul harte vaswerk - as net vis, of net vlees probeer orden ... gelowige of ongelowige (met nog verdere titel soos "ware" daaraan)?
Trienie, geen mens kan aan 'n ander geloof in God gee nie. Geloof is genade uit die hand van God self. Jy het niks om op te wil roem, of jouself oor te wil verhef teenoor 'n ongelowige nie ...
En dis die "bediening" as jy so daarna wil verwys, wat ek hier bring ... geloof is 'n innerlike en geheel persoonlike belewenis ...
En as jy die ordentlikheid had om tot hier te gelees het; heiligheid word nie uitgestal nie ... heiliges jaag nie roem of erkenning met allerlei omstrede twak na nie ... heiliges word nie aan hul "spirituele intelligensie" geken nie ...
Heiliges koester hul spesiale ervaringe in stilte en in die genade van God ... dis genoeg vir my dat God my lief het en my opsoek ... elke oomblik in my lewe tel midde al die verganklikheid om my ... ja, ek staan reeds kaal ...
En so is daar 'n menige ervaring wat net myne is, myne alleen ...
Namaste!
Mag Jesus Christus onse HERE self hierdie surplus in my lewe wat ek op die werf deel seën.
'n Geseënde feestyd vir elke hart en belangstellende wat hierdie jaar met my op die werf gedeel het.
Hindoe-, Moslem-, Joodse-, katolieke-, Boeddhistiese-, Boeregroete en Afrikaliefde,
Cornelius Henn
En o ja Trienie, doen jouself gerus die guns hierdie vakansie en lees oor die verlede, lewe en dood van 'n eerbare persoon soos Blaise Pascal ...


Kommentaar
Cornelius,
Ek is jammer as jy my brief as ’n negatiewe aanval teenoor jou sien. Ek het dit nie so bedoel nie. Ek vra verskoning.
Ek kan net nie verstaan waarom jy KdK so haat nie? Waarom het hy so ’n emosionele houvas op julle almal? En die stuk wat ek oor hom geskryf het, gaan oor sy godgegewe persoonlikheid en aardse bediening of amp. Elke mens is vir ’n doel hier op aarde. So ook jy. Dit is wat ek bedoel het met skei die mens se gees van sy vlees. Pleinweg, die slegte/dade van die goeie/geestelike. Ek het nie ’n saak met sy persoonlike aanvalle, stryd of teenkanting teen julle nie. Dit is dinge van die vlees. Indien sy vrug, gesindheid en lewenswyse nie voor God reg is in optrede nie, moet hy daarvan rekenskap gee. Nie julle nie. As ek jy is sal ek net sorg dat ek geen gevoel teenoor die man dra, want dit kan ’n mens se siening en optredes onnodig beïnvloed. Die grootste toets vir ’n christen is: is my vlees gekruisig saam met Christus? Want as dit is, sal aanvalle my niks doen.
En ja, jy is reg. Ons is nie beter dan die ongelowiges, ons sit met dieselfde vlees en natuur. Oor ons is die genade net groter omrede van Jesus Christus. Indien jy my sien as geveinds, vra ek maklik weer om verskoning. Ekself kan grootmanskap en aanstellerigheid nie verdra.
Sterkte met jou vrug.
Trienie
Trienie,
Moenie jou steur aan Cornelius, nie. Hy kan eenvoudig nie die waarheid verdra nie en sal dit altyd op een of ander manier verdraai. As jy wel sy skakel gelees het, sou jy sien sy bewering oor 'my' seun is ook so ’n wanvoorstelling. Ek het net twee seuns, en dankie HERE, beide van hulle leef nog en is gesond. Maar die seun van wie hy praat was vir ons soos ’n seun en hy was ’n verstoteling uit sy eie ouerhuis terwyl hy en sy broer in Hillbrow gewoon het. Ons was op vakansie in die Wildtuin toe ons destyds van sy tragiese oorlye verneem het. Ons het dadelik ons vakansie onderbreek en teruggekom. Dit was vir ons ’n verlies soos en van ons eie.
Cornelius is ’n hartelose mens wat uiterste asosiale gedrag vertoon met ’n intense weersin in en haat vir konformasie en ware gelowiges, wat maar te gereeld na buite uitborrel, asook ’n BAIE ongesonde obsessie met my as persoon. As mens so na sy kommentare kyk, lyk dit werklik asof ek die spilpunt van sy daaglikse gedagtes is en dit is ’n uiters grillerige gewaarwording... maar dit tot daarnatoe.
Let op sy kommentare, daardie blertse snert wat hy oraloor so plek-plek los. Hy floreer daarop om twis te stig en te probeer om ’n wig tussen gelowiges te dryf, en gedy dan op die negatiewe aandag wat hy op daardie manier genereer.
Mens ignoreer nie maklik ’n ander nie en dit is ook nie ons manier nie, maar later is dit baie maklik om dit met Cornelius te doen. Intussen kan mens werklik bid dat die HERE hom van en uit die oorsake van sy onsekerhede en die gevoel van onveiligheid wat hy so demonstreer, sal verlos sodat hy tot sy sinne sal kom.
Groete,
Kobus de Klerk
Trienie, dankie vir jou veel beter oorweegde kommentaar hierdie keer.
Hoekom reken jy gegronde kritiek teenoor Kobus de Klerk is haat? Hoe val Kobus de Klerk se ongegronde veronderstellinge omtrent ander se harte jou as "sy godgegewe persoonlikheid en aardse bediening of amp" op?
Nee Trienie, die antwoord op jou vrae kan jy maklik self in Kobus de Klerk se woernaal hierbo lees.
Waar in jou lewe beskryf jy byvoorbeeld ’n kind "soos ’n seun" met ’n kwalifikasie daarby "Ek [[[Kobus de Klerk]]] het net twee seuns, en dankie HERE, beide van hulle leef nog en is gesond"?... dan was die ander kind mos nooit rêrig soos ’n seun as jy hom so maklik onderskei (afskei) van jou ander seuns nie...
En dis die soort veinsery wat vir jare reeds deur die sogenaamde ware gelowiges op die werf woed.
My blootheid teenoor jou sluit aan by die res van Kobus de Klerk se blatante houding op die werf; als gegrond op sy sogenaamde gawe om te interpreteer... om sommer so ander se bydraes te "scan" en dan in sy waan te verniel deur kamstig op grond van sy parakunde neerhalend te onderskei tussen koring en kaf daarin.
Nee Trienie, jy sal merk dat almal behalwe die sogenaamde ware gelowiges mekaar se bydraes behoorlik lees en dan met die nodige respek, ervaring en kundigheid daarvan verskil (indien). As jy so gerespekteer wil word behoort jy dieselfde verantwoordelikheid aan die dag te lê... en dis natuurlik ook iets wat Kobus de Klerk benede homself ag... (wees egter verseker dat ek elke woord lees voor ek reageer – en dat ek my woorde tel).
Derhalwe Trienie, doen gerus moeite as jy belangstel en lees die bydraes in my profiel voordat jy reken Kobus de Klerk se godsdiensboewery so belangrik in my deelname hier is (ek sien jy kan sommer op my naam onder die opskrif van my bydrae hierbo kliek om daar te kom).
Dis dalk omdat jy en die ander sogenaamde ware gelowiges my kritiek voel dat julle saam met Kobus de Klerk so oorweldig voel daardeur; vanselfsprekend ook die patologiese egotisme waaraan al die sogenaamde ware gelowiges en anderhaters ly wat hulle laat dink alles draai om hulle.
Kobus de Klerk is gewoon oneerlik en hy misbruik die Bybel om kwesbares te buit. Let ook hoe die lidmaatlose huiskerk bendeleier my as ’n lidmaat aan onder meer die Heilige George Katedraal gemeente, aan sy soort antisosiale gedrag probeer skuldig maak.
Dit verg meer as ’n nat waslap om standpunt te neem teen sulke boewery hier en in die regte lewe; ’n rugraat (as ek so mag seg) – iets waarvoor die uwe so onpopulêr by al Kobus de Klerk se paranimfe en elders is.
Nietemin Trienie, die lewe gaan voort. Dis feestyd. Ek is ’n geordende Katoliek in my gedrag op aarde. As jy in die Kaap is nooi ek jou om saam te kom juig in die Heilige George Katedraal tot eer van ons Allerhoogste wat die Allerlaagste vir ons almal geword het.
Ek bêre nou my sleutelbord tot volgende jaar wanneer ek weer tussendeur die Lig op Kobus de Klerk se boosheid sal hou.
Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe, beskerm en weer veilig terugbring volgende jaar.
Boeregroete,
Cornelius