Treinreis van Amanzimtoti tot Durban

  • 4

Laas Vrydagoggend 06h00 arriveer die Metro Rail Amanzimtoti stasie binne met ‘n gesuis van wind. Elektroniese deure skiet oop, ‘n massa klim uit, en ‘n ewe groot massa beur deur al die treindeure binne, almal op pad werktoe, met myself deur die massa saamgesleep. Drie minute na arrivering, vertrek die trein met ‘n geskuif van deure wat toeklap.

Binne die trein is dit stampvol. Geen sitplek nie. Ek is genootsaak om saam met ander in die gang te staan en die reling styf vas te klou. Ek is die enigste blanke wat op Amanzimtoti opgeklim het en die enigste in die koets. Niemand steur hulle egter aan my nie. ‘n Christelike diens was aan die gang toe die trein arriveer het, en voortgegaan nadat dit vanuit die stasie onttrek het.

‘n Swart predikant loop die gang op en af en in skreeutaal, preek vir die massa in Zulu wat ek hier en daar kon verstaan het. Elke dan en wan stamp hy sy voete opgewonde op die vloer. Die massa luister aandagtig. Elke nou en dan ‘n eenparige amen van die gehoor. Af en toe begin die predikant te sing, en die hele koets val in met die sang, hou weer oop en gaan dan weer voort met preek.

Gedurende die driekwartier se reis na Durbanstasie, stop die trein op elke stasie. Daar word uitgeklim en opgeklim, maar die diens gaan onverstoord voort. Halfpad is dit die prediker se beurt om af te klim. Die trein vertrek, en ‘n ander prediker op die trein neem sy plek in. Hier en daar sien jy van die passsasiers wat nie daarvoor te vinde is nie, ‘n minderheid. Hulle deel nie in die sang en amen nie. Monde beweeg nie en kyk strak voor hulle uit, party maak asof hulle slaap. Niemand word geïntimideer nie. So gaan dit tot Bereastasie waar die meerderheid toe afklim. Die entjie daarvandaan tot Durban stasie is die trein so te sê leeg en stil, en vir die eerste keer kon ek ‘n sitplek bekom.

Ek vra ‘n swarte wat langs my sit waaroor gaan dit en of dit gereeld geskied. Hy sê vir my dit is die Shembakerk wat so doenig is, en dat elke koets op die treinreis was ‘n weerspieëling van wat ek ondervind het, asook met alle ander Metro Rail-treine wat ook van elders kom en gaan. Met huistoegaan word die proses herhaal, asook elke dag.

By Durbanstasie afgeklim (die reis het my ‘n karige R10 gekos) was ek diep in gedagte na hierdie ondervinding. Die vorige aand het ek vir my vriend Wim uitgenooi om saam te gaan, maar hy wou eerder op Umdoni golfbaan met sy pretensieuse vriende gaan golf speel. Ek is bly ek het die reis gedoen. Ek het ‘n insae gehad van ‘n leefswyse wat ons blankes heeltemal ontglip.

Ek het veilig tussen die swart Christene gevoel. Hier is mense, ooglopend opreg in hulle geloof. Arm, dog netjies en skoon. Elkeen afsonderlik met sy eie lief en leed, tog eensgesind en samehorige in gees op die trein. Ek verstaan die Shemba besit geen kerkgeboue nie. Alle dienste geskied in die opelug en op die treine. Dit laat my aan die eerste Christene dink toe hulle ook sodanig opgetree het. Vergelyk dit vandag met die Kerke en Katedrale wat op Roomse en Griekse heidense tempelswier geskoei is. ‘n Gedaante van godsaligheid, maar die krag van die Christelikheid verloën. ‘n Ewige wettiese gekibbel oor ditjies en datjies, die grootdoop of kleindoop; die nagmaal kelkies of beker; wat is sakramente en wat nie; ens ...

Ek kon nie anders as om respek vir hierdie Christene te koester nie.

Jaco Fourie

 

 

 

  • 4

Kommentaar

  • 'n Nagedagte oor wat ek hierbo geskryf het.  Angus Buchan kry die wereldse publisiteit vir sy jaarlikse honderduisend "Mighty Men" saamtrekke met honderdeduisende rande daarin betrokke.

    In teenstelling teen Nul Rande, is honderdeduisende Durbanse trein-pendelaars DAAGLIKS, of hulle daarvan hou al dan nie, aan Christelike boodskappe blootgestel, sonder om enige sensasionele belangstelling van die media te wek nie.  Wie wonder ek, is nou eintlik die "Mighty Men"?

     

    Jaco Fourie

     

  • SkotDieEerste

    Net omdat hulle nie op 'n swart trein sit, dinkende aan skimme is hulle pretensieus.  Is dit hoekom dit vir jou pretensieues is? Ek dink nie so nie, jy het sekerlik geen "ball sense" nie. En vertaal dit vir my ou smartpilaar... 

  • Haai Scot

     

    Sien jy is vroeg vanoggen (04:31) doenig.  Ek moes seker 'n rou senuwee van jou gekrap het.  Met betrekking tot jou melding van "ball sense".  Ek verseker jou.  Ek het baie "ball sense" veral wanneer ek twee van hulle wat nie my eie is in my hande hou nie.  Krap eerder waar dit lekker is om te krap, dws. met twee van jou eie in die hand.

     

    Jaco Fourie.

     

  • Scotty

    Verder tot jou edifikasie.  Die "pretensieuse" vriende van Wim, soos myself, is almal moffies.  Ek ken hulle elkeen persoonlik. Behalwe vir Wim (my lover, skatryk in sy eie reg), is dit manne wat in ryk sosiale sirkels beweeg vir die skyn, met moerse skuldrekenings groter as hulle bates.  Voel jy nog steeds verontwaardig ou maat?  HaHa.

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top