Treffende somer-kunsuitstallings by Holden Manz Collection in Franschhoek

  • 0

Verlustig jou in splinternuwe kuns van Karin Miller en Luhanri Bekker wanneer jy dié somer die Holden Manz Collection-kunsgalery in Hugenootstraat 30, Franschhoek besoek.

Albei kunstenaars stal hul werke eksklusief by die galery uit en sal beslis stof tot nadenke vir besoekers bied met hul uitsonderlike kuns.

Aangrypende collages deur kunstenaar Karin Miller van Pretoria tooi die interieur van die Holden Manz-wynlandgoed se herehuis, en haar vierde solo-uitstalling by die galery, Say Yes, bied interessante werke met ‘n hedendaagse aanslag. Aanhangers sal weer sterk, kritiese opinies van politiek, huidige sake en geskiedenis in haar werk bespeur, waarin bekende plaaslike en oorsese persoonlikhede, soos president Jacob Zuma, koningin Elizabeth II, Brad Pitt en Angelina Jolie te sien is. 

Kunstenaar Luhanri Bekker se eerste solo-uitstalling, I am/You are, vind in Januarie by die Holden Manz Collection plaas. Luhanri, ook van Pretoria, beskou haarself as ‘n figuratiewe kunstenaar. Sy werk hoofsaaklik met olieverf en kombineer haar twee passies in die lewe – skilder en mense. Luhanri put haar inspirasie uit mense wat sy op reis in Afrika ontmoet. Sy beeld skoonheid uit soos sy dit sien, in die gestalte van mense – mense waarvoor sy liefgeraak het en mee verhoudinge gebou het.

Haar eerste solo-uitstalling by die Holden Manz Collection vier ‘n jaar se werk, haar samewerking met haar modelle, haar inspirasie, haar galery en haar aanvoeling vir navorsing en uitbeelding.

‘n Voorskou van Karin Miller se uitstalling Say Yes by die Holden Manz Collection sal vanaf 7 tot 9 Desember (10h00 tot 19h00) plaasvind, en haar werke sal gedurende die somer uitgestal word.

Luhanri Bekker se uitstalling I am/You are sal ‘n voorskou hê vanaf 18 tot 20 Januarie 2013, ook vanaf 10:00 tot 19:00. Versamelaars kan haar werke in die galery en by Holden Manz-wynlandgoed in die somer besigtig.

Besoekers aan die galery sal ook bederf word met ‘n glas Holden Manz Rosé 2012, ‘n gesellige somerwyn met ‘n vars, lewendige en droë nasmaak.

Stuur e-pos na migo@holdenmanz.com vir digitale brosjures en pryslyste. Besoek www.holdenmanzcollection.com of bel die Holden Manz Collection by 021-8762738 of stuur e-pos na collection@holdenmanz.com vir meer inligting. 

Holden Manz-wynlandgoed is ‘n asemrowende ligging vir troues. Vir meer inligting of besprekings, bel 021-876 2738. Om Holden Manz te bereik, draai regs by die Huguenote Monument in Franschhoek en volg die padtekens vir twee kilometer. GPS koördinate: Breedtegraad: 33° 56’ 7” S; Lengtegraad: 19° 6’ 54” E.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top