"Trane maak nie seer nie" deur Wynand de Kock

  • 0

Trane maak nie seer nie


Wat het geword van die goeie tye,
Als nou te laat,
Ek bly spyt.
Dis nie my skuld nie,
So wat sal dit baat.
Ek is jammer vir die tye wat ek weg was,

Trane help nie meer nie,
Weerlig maak nie seer nie.
My hart is rou van al die leed,
Dis nou die kans,
Daar is nou geen balans.

Ek gaan jou mis, my beurt is om.
My kop moet rus, maar uit my sal die trane bom,
Als was te vinnig
Als was te veel
Ek voel die gal deur my keel
Van skok,
Bleek is my gesig.
Trane help nie meer nie,
Weerlig maak nie seer nie.
My hart is rou van al die leed,
Dis nou die kans,
Daar is nou geen balans.

Wens ek kon als verduidelik
Niks is meer tydelik
Permanent is die skade.
Ek vra net genade,
Sonder dit kan ek nie leef,
Anders is daar niks om voor te streef.

Trane help nie meer nie,
Weerlig maak nie seer nie.
My hart is rou van al die leed,
Dis nou die kans,
Daar is nou geen balans.

Bly in my hart,
Verlos my van die smart.
Bly in my hart,
Verlos my van die smart.
Bly in my hart,
Verlos my van die smart.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top