Totsiens
Ek het nou net hier besluit
Vir jou lief wees is stuitigheid
Van nou af sal ek jou ignoreer
Jou toelaat in my hart nooit weer
REFREIN:
Gaan jou gang en doen jou ding
? Treurliedjie het ek klaar gesing
Iemand wat my hart wil hê
sal dit reguit vir my sê
Jy skuil agter woorde soet
Maar dit is my hart wat boet
Tot hiertoe sê ek nou
Gaan nie langer wag vir jou
Ek laat jou gaan hier uit my hart
Jy moet maar loop op jou eensaam pad
Dat jy geluk vind is my wens vir jou
Maar ek staan nie meer in die tou
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


