Topverkopers by die US Woordfees na twee weke

  • 0

Twee weke nadat die US Woordfees se kaartjieverkope by Computicket geopen het, lyk die topverkopers op 31 Januarie 2012 so. Klik op elke skakel vir meer inligting.

Skrywersfees

  1. Storievuur, met Johan Bakkes, Christiaan Bakkes, Gerrit Rautenbach, Ronelda Kamfer, Ulla Pakendorf en die Kaapse Affodille Dames Boereorkes.
  2. Baasspeurder Piet Byleveld, met Piet Byleveld en sy biograaf, Hanlie Retief.
  3. Die lewens van John Kannemeyer: ’n Huldigingsgesprek van die ontslape historikus en biograaf, met Louise Viljoen, Wium van Zyl, Hermann Giliomee en Dorothea van Zyl.
  4. Slaphakskeentjies:   Dine van Zyl en Willem Botha praat oor Boerekos.
  5. Filosofie-kafee: Met Anton van Niekerk, Vasti Roodt, Johan Hattingh, Hannes Smit, Louise du Toit en Minka Woermann. Johan Degenaar is ook teenwoordig!

     

Sanlam Musiekfees

  1. Binnekamer met Amanda Strydom: Amanda is voor die mikrofoon, Janine Neethling agter die klavier en Deon Opperman in die agtergrond as skrywer en regisseur.
  2. Coenie de Villiers: Hart van glas - Maak jou reg vir vintage De Villiers met musiek en liriek wat grense verskuif.
  3. Romanz & Die Gugulethu Tenore: Iets vir die oog en die oor!
  4. 2 Blondes 2 Tango: Met Elna van der Merwe, Zorada Temmingh, Schalk Joubert, Mark Hoeben en Wilken Calitz.
  5. Spirito, ? unieke musiekproduksie gebaseer op Amerikaanse ‘spirituals’, vermeng met Afrikaans, Kaaps-Maleis en Afrika-tale. Met Zanne Stapelberg, Minette du Toit-Pearce, Tygerberg Kinderkoor, en ook die Solms Delta-orkes met Adriaan Brand en Les Javan.

Dramafees

  1. Mooi Maria met André Roothman, Isadora Verwey, Waldemar Schultz, Anthea Thompson, Theresa C. Sedras, Lille Goosen, Neels van Jaarsveld en Roeline Daneel.
  2. Nag Ma met Sandra Prinsloo en Antoinette Louw.
  3. My name/My naam is Ellen Pakkies met Vinette Ebrahim en Christo Davids.
  4. Dis koue kos, skat, Marita van der Vyver se treffer met Elzabé Zietsman.
  5. Vaselinetjie, Anoeschka von Meck se veelbekroonde blitsverkoper met o.a. Robbie Klay, Andrea Streso, David Louw, Ingrid Paulus, Theodore Jantjies, Elma Postma en Hugo Taljaard.

Besprekings by Computicket.

   

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top