’n Week nadat die US Woordfees se kaartjieverkope by Computicket geopen het, lyk die topverkopers op 24 Januarie 2012 so. Klik op elke skakel vir meer inligting:
Skrywersfees
- Storievuur, met Johan Bakkes, Christiaan Bakkes, Gerrit Rautenbach, Ronelda Kamfer, Ulla Pakendorf en die Kaapse Affodille Dames Boereorkes.
- Baasspeurder Piet Byleveld, met Piet Byleveld en sy biograaf, Hanlie Retief.
- Slaphakskeentjies: Dine van Zyl en Willem Botha praat oor Boerekos.
- Filosofie-kafee: Met Anton van Niekerk, Vasti Roodt, Johan Hattingh, Hannes Smit, Louise du Toit en Minka Woermann. Johan Degenaar is ook teenwoordig!
- Is die gras groener anderkant? Met Tossie Lochner oor haar 40 jaar tussen Italiaanse kleinboere, vanwaar sy insetsels vir RSG se Monitor gedoen het.

- Binnekamer met Amanda Strydom: Amanda is voor die mikrofoon, Janine Neethling agter die klavier en Deon Opperman in die agtergrond as skrywer en regisseur.
- Coenie de Villiers: Hart van glas - Maak jou reg vir vintage De Villiers met musiek en liriek wat grense verskuif.
- 2 Blondes 2 Tango: Met Elna van der Merwe, Zorada Temmingh, Schalk Joubert, Mark Hoeben en Wilken Calitz.
- Romanz & Die Gugulethu Tenore: Iets vir die oog en die oor!
- Hier huil jy net twee keer: Rapport se produksie met Dana Snyman en Klopjag.

- Proesstraat, met Waldemar Schultz, Melt Sieberhagen, Pierre Breytenbach, Wickus du Toit, Martelize Kolver en Esther von Waltsleben.
- Dis koue kos, skat, Marita van der Vyver se treffer met Elzabé Zietsman.
- Mooi Maria met André Roothman, Isadora Verwey, Waldemar Schultz, Anthea Thompson, Theresa C Sedras, Lille Goosen, Neels van Jaarsveld en Roeline Daneel.
- Nag Ma met Sandra Prinsloo en AntoinetteLouw.
- My name/My naam is Ellen Pakkies met Vinette Ebrahim en Christo Davids.

