|
Hierdie lys is saamgestel deur Albert Maritz, akteur, regisseur, deeltydse joernalis, radio-omroeper, oud-onderwyser en kampvegter (as jy wil) vir die kunste. Hy was die afgelope twee jaar vervaardiger en regisseur van die bekroonde produksie, Faan se TREIN, asook Faan se STASIE. Hy behartig tans die regie van die produksies NP van Wyk Louw en die Meisies en Pottie Potgieter met Frank Opperman. Maritz is te sien as dominee Bloemfontein in die heruitsending van Arende (kykNET); hy is in Homeland se heruitsending, en was onlangs in Orion as Kaptein Nagel. Hy het pas saam met die legendes, Katinka Heyns en Koos Roets, gewerk aan FEAST of the UNINVITED vir M-Net. Hy was laas self op die verhoog in die eenmanstuk oor André Stander.
|
 |
- Lot (Aardklop) – regie en teks: Nicola Hanekom
- William Shakespeare se A Midsummer Night's Dream (Intimate Theatre – The Mechanicals) – regie: Guy de Lancey
- Oom Anton by die see (Woordfees, Klein Libertas-buitelugteater) – regie: Juanita Swanepoel; teks: John Driver en Jeffrey Haddow; vertaal deur Alewyn Lee
- Bernarda Alba (Verskeie skoletoneelfeeste/Bloemhof Meisieskool) – regie: Christiaan Olwage; choreografie: Gabriella Bishop; teks: Christiaan Olwage
- David Kramer's Breyani (Baxter – David Kramer)
- Woza Andries (Little Theatre) – regie: Christiaan Olwage; teks: Robert Volker
- Ont- (Aan de Braak) – teks en regie: Wessel Pretorius
- Aantrekkingskrag (Aardklop) – teks en regie: Deon Opperman
- Rooi Kaart (Die Boer) – teks: Dana Snyman; regie: Gys de Villiers
- holm@iafrica.com (Aardklop) – regie: Chris Vorster; teks: Marion Holm en Chris Vorster
- Die vreemdeling (Magnet Theatre) – regie: Mark Fleishman Werkswinkel
Stukke wat ek spyt is nie die lys haal nie, is:
Art (Little Theatre) – regie: Marthinus Basson; teks: Yazmina Reza
Korte mette met Shakespeare (Woordfees, Klein Libertas-teater)
Klaas Vakie (Fugard-teater)
Hol (Kunstekaap-arena)
Fiddler on the Roof (Kunstekaap-opera) – The Gilbert & Sullivan Society
Groet die Grotoupa
Joseph and his Amazing Technicolor Dreamcoat (Wellington College of Arts)
Rooiland
Die kaptein se tier (Fugard-teater)
Ellen Pakkies (Aardklop)
Wat ek spyt is ek nie gesien het nie, is
Janneman
... miskien
Tom Paine
|
Kommentaar
Ek wil baie graag hierdie jaar 'n kort toneelstuk opvoer met relatiewe min talent. Ek het gedink aan 'n klug. Kan iemand help?
Ek soek 'n uittreksel van "Die grot en die smokkelaars", asseblief.
Ek soek ’n gratis en kort komiese toneelstuk vir volwassenes wat ek kan aflaai om op te voer asb.
Goeiedag! LitNet het ’n versameling dramatekste (insluitend teatertekste, radiodramas en kabarettekste) in die LitNet-spens: https://www.litnet.co.za/litnet-spens/.
Groete, die LitNet-redaksie
Ek is dringend op soek na snaakse Afrikaanse toneelstuk vir hoërskoolleerders. Nie moeilik en nie te lank nie. Asseblief as iemand my kan help.
Dankie vir jou navraag. In LitNet se spens is daar allerlei ongepubliseerde dramatekste wat gratis vir gebruik aangewend kan word. Klik hier om deur die stukke te blaai: https://www.litnet.co.za/category/nuwe-skryfwerk-new-writing/drama/. Solank die artikels nie vir kommersiële gebruik versprei word nie, is lesers welkom om dit vir persoonlike gebruik aan te wend. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Ek is opsoek na 'n paar kort komiese dramas om by 'n aftreeoord op te voer. Die luisteraars/toeskouers is almal oor sewentig. Iets om hulle op te kikker.