![]() |
|
|
Hierdie lys is saamgestel deur André Crous wat sedert 2002 as filmresensent by LitNet betrokke; sy filmresensies en artikels verskyn tans as die filmrubriek Nabyskoot. Hy het Frans aan die Universiteit Stellenbosch studeer en sy nagraadse studie in Frankryk voortgesit. In 2007 verwerf hy ’n meestersgraad in filmteorie aan die Universiteit van die Sorbonne, waarna hy na Suid-Afrika teruggekeer om verder te studeer. Hy behaal in Maart 2011 sy PhD in drama- en teaterstudie, met ’n suiwer fokus op filmteorie. Hy woon in Praag. |
![]() |
| 2011 was nie ’n jaar om te onthou nie. Hoewel ons begin het met uitstekende films wat Oscars ingepalm het, was daar ’n groot leemte in die middel, tot relatief onlangs, toe ’n paar wonderlike Europese films uiteindelik uitgereik is. Ek erken dat ek soms ’n paar skatte mis, en hoewel ek byna al hierdie films op LitNet geresenseer het, het ek eers te laat bewus geword van beide Easy A (nommer 3) en Super 8 (nommer 5). Die eerste vyf films op die lys word kortliks hier bespreek. | |
|
1.
|
The King's Speech Historiese films is nie altyd my gunstelinge nie, maar The King’s Speech het talle ryk lae wat die aandag vinnig gryp en jou nie los nie. Die herskepping van die era van Britse imperialisme in ’n taamlik onlangse tydvak (kort voor die Tweede Wêreldoorlog), en spesifiek die koningshuis waarin jong prins Albert, wat deur sy pa, koning George V, afgeskeep is en deur sy ouer broer (en aangewese troonopvolger) geboelie is, word aangebied met ’n uitstekende sin vir nabyheid. Geoffrey Rush as die spraakterapeut wat die prins moet help om van sy hakkel ontslae te raak, het ’n skerp humorsin wat uiters noodsaaklik is en nie net die prins se vriendskap wen nie, maar ook ons s’n. |
|
2.
|
Black Swan Swart en wit het nog nooit so goed saam gelyk in kleur nie. Natalie Portman is die ballerina wat die Wit Swaan tegnies perfek kan dans, maar sukkel om haarself toe te laat om selfbeheer prys te gee en haarself oor te gee aan haar meer primitiewe instinkte, wat reg kan laat geskied aan die beliggaming van die Black Swan. Die fyn balans tussen die twee veroorsaak psigiese spanning soos min, en ons word in haar wêreld van obsessie ingetrek, waar waarheid en versinsel moeilik van mekaar onderskei word. |
|
3.
|
Easy A Easy A het my heeltemal onkant gevang, omdat dit van die buitekant af lyk soos ’n gewone drama oor tieners en hul stories, maar eintlik baie interessante kwessies aanspreek op ’n wyse wat oorrompelend effektief is. Emma Stone speel ’n meisie wat haar voorgeskrewe boeke lees en dus nie die mees populêre student in die klas is nie. Wanneer ’n gay klasmaat wat geboelie word, haar vra om voor te gee dat sy met hom seks gehad het, en sy besluit dis ’n interessante liefdadigheidsmissie, begin almal skielik oor haar skinder, met goeie én slegte gevolge. Patricia Clarkson en Stanley Tucci vertolk haar ouers in ’n onvergeetlike rol. |
|
4.
|
In a Better World |
|
5.
|
Super 8 |
|
6.
|
|
|
7.
|
|
|
8.
|
|
|
9.
|
|
|
10.
|
|
|
11.
|
|














