seine is die aarde
se skrif wat klink
drup-drup die tik
klop klopliks die koggelklop
teen retina of cochlea
vang hart en niere
voltydig heeltyds intyds
die kort-kort lank
tot een die trilling streel
die inval lig
of swaar besyfer
na behoefte en begrip
die kodes skuif –
ruimtalig bliep

