Toekomstige wêreld, huidige krisis: die rol van wetenskapfiksie

  • 0
Die sluitingsdatum vir LitNet Akademies Kuberklas se opwindende wetenskapfiksie-skryfkompetisie sluip al hoe nader. Henriëtte Loubser en Jaco Jacobs gesels oor wetenskapfiksie.

Henriëtte Loubser: Van ’n tegnologiese moontlikheid tot ’n ryke leergeleentheid: die opvoedkundige waarde van wetenskapsfiksie.

"WF is ’n instrument wat met ’n opvoedkundige doel aangewend kan word. Dit kan deelname, die kommunikering van idees, ’n genieting van die navorsingsproses, korrelering en aanwending van data, laterale-denke-vermoëns, kritiese ontleding en sosiale interaksie aanmoedig."

 

Jaco Jacobs: Tien wenke as jy wil wetenskapfiksie skryf.

"Probeer hoofletters soos ’n gewone aardbewoner gebruik, selfs al speel jou storie in ’n parallelle heelal af."

Eben van Renen en Elzette Steenkamp: Lank lewe die Arwantyne!: Elzette Steenkamp gesels met Eben van Renen oor Afrikaanse wetenskapfiksie.

"Ek glo vas dat selfs die Harry Potter-manuskrip deur die grootste Afrikaanse uitgewerye vandag afgekeur sou geword het. (As Afrikaanse wetenskapfiksie besig is om te sterf, was Afrikaanse fantasie nooit eens gebore nie.)"

Is wetenskapfiksie jou veld? Wil jy ’n bydrae lewer tot hierdie gesprek? Stuur jou voorstel aan elzette@litnet.co.za.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top