Toast Coetzer se ses bestes

  • 0

Hierdie week kies Toast Coetzer gunsteling-kuierplekke op die wêreldwye Web.

1. ESPN Cricinfo.com

Dis my tuisblad by die werk – ek kan nie sonder obskure kriekettellings klaarkom nie (Guernsey-eiland klop Argentinië – hoera!). Live ball-by-ball-kommentaar, eindelose sinnelose statistiek ... Ek volg hierdie webwerf al sedert hulle meer as ’n dekade gelede begin het.

2. Mixcloud

Onuitputbare luistergenot, in radioformaat – soek “The Unhappy Hour”, dan kan jy na my, Erns Grundling, Danie Marais, Clive E Smith (ea) se radio show luister.

3. Pitchfork.com

Ook ’n blad wat ek al lank volg. Musiek-reviews, onderhoude en ’n keur van die beste nuwe musiek. ’n Goeie manier om op hoogte te bly van wat aangaan op die internasionale scene.

4. UbuWeb.com

Eindelose argief van kunstige obskuriteite, ’n doolhof van die beste van die weirdste van die snaaksste van die mooiste. Soos LitNet, maar op LSD.

5. MarineTraffic.com

Al ooit by jou kantoorvenster in Kaapstad of Durban uitgekyk en gewonder oor daai groot skip met die rooi skoorsteen in die hawe? Dié werf het live data oor elke groot skip naby ’n groot hawe regoor die wêreld. Jy sal selfs rofweg kan uitvind wat in die kratte is ...

6. Radio Oorboord

Radio Oorboord is in Nederland, maar saai net op die internet uit – en net great alternatiewe Afrikaanse musiek! Dubbel-hoera!

 

 

Toast Coetzer is a writer and photographer and is currently gainfully employed at Go! and WEG magazines as travel writer. He likes it a lot. He shoots with a Nikon D70 and a Canon G9, drives a VW Beetle and wishes for a passage to the Galapagos. His band, The Buckfever Underground, doesn't seem to want to go away

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top