"Tienergedagtes" deur Gareth Davies

  • 0

Tienergedagtes

Hoekom?
Dis die vraag wat ek myself vra wanneer ek jou sien
Wanneer ek in jou oë nie naby goed genoeg is nie
Wanneer al my planne misluk
en wanneer jy my gesig daarin druk

Hoekom is ek gebore?
Is ek gebore sodat jy, sodat jy my kan afbreek?
Wie is jy om te sê wat ek moet doen?
Ek is my eie mens, ek maak my eie keuses
Ek’s oud genoeg om op my eie te staan
Ek’s groot genoeg om my eie paadjie te loop

Hoekom hou jy my nog steeds vas?
Oor dit wens ek, ek was dood
Wat is fout met jou? Jy was nog tevore so nie
Toe ek vir jou sê wat ek met my lewe wou doen toe het jy nie in my geglo nie
Jy dink jy is perfek, maar onthou net, elke mens het sy donker kant
en dis jou skaduwee, dis jou skaduwee

Hoekom, moes julle my gehad het?
Hoekom, het julle my nie lief nie?
Hoekom, bevraagteken julle al my keuses?
Hoekom, gee julle nie om oor my nie?

Wat is fout met julle? Ek vat nou my eie pad
Ek is siek en sat, ek kan dit nie meer vat
Julle dink ? teleurstelling is al wat ek is
maar eendag sal julle hierdie mislukking mis
Want ? feit bly ? mening, maar ? mening bly ? feit
hoekom is nie meer ? kwessie nie in hierdie stryd

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top