Thys Human skryf in Praag die volgende:
“Ek het so week of twee gelede begin om op SêNet deel te neem aan o m 'n debat oor Afrikanerskap en wat 'n Afrikaner is. Ek het baie gou ernstig in botsing gekom met ene Jaco Fourie wat blykbaar 'n voltydse agent of werker vir Afriforum is.
“Nie alleen vind hierdie Jaco genot daarin om Praag en diegene wat hier aan debatte deelneem, af te kraak nie, maar hy wil sommer 'n nuwe groepering stig wat hy die Nuwe Afrikaner noem. Ek is besig om hom en andere wat probeer om die term Afrikaner oor te vat en vir hulself op te eis in 'n nuwe mengelmoes van mense wat vinnig verengels en die Afrikaner haat, daar aan te vat.
“Maar ek dink dit is nodig dat Praag se mense ook hier ingelig word oor wat Afriforum en sy agente besig is om aan te vang.”
My ou. Omrede ek ‘n ondersteuner van AfriForum is, is ek nou kwansuis ‘n “agent” of “werker” van AfriForum. Inteendeel. Ek glo nie eers AfriForum weet ek bestaan nie.
Ek ‘n nuwe groepering stig? Man is jy gerook? Ek behoort reeds aan die grootste blanke groepering in die land wat die gekkegrens by die stembus verwerp het. Maar ek is bly ek het jou bang gemaak die dat jy my als bedreiging aansien.
Ek dink ons lesers wat my goed ken, lag lekker oor jou "panic".
Jaco Fourie


Kommentaar
Maar jy IS besig om ’n nuwe groepering daar te stel – jy noem dit die Nuwe Afrikaner en Thomas en Pieter (wat volksvreemdes as Afrikaners wil beskou) loof jou daarvoor. En dan gee jy sommer jou definisie van die nuwe Afrikaner: by monde van Flip Buys: “Ek is ’n Afrikaner, ’n Afrikaanssprekende en ’n Suid-Afrikaner en meen dis moontlik om al die identiteite 100% uit te leef.”
Jammer, dis nie goed genoeg om as ’n lid van die Afrikanervolk beskou te word nie – daai 100% "Suid-Afrikaner" pluk al die binnegoed uit die beweerde Afrikanerskap uit want geen Afrikaner kan onder die huidige swart bewind en met die growwe onderdrukking van sy taal en sy regte en sy toekoms, daardie aanspraak maak en glo en uitleef nie. Die tragiese is dat jy – en Flip Buys – dit nie kan of wil besef nie.
Jy het elders in ’n antwoord op my kritiek op Afriforum wat nie met sekere Afrikanerorganisasies wil saamwerk nie behalwe onder sy voorwaardes, ’n hele klomp verdraaiings en onwaarhede kwytgeraak oor wat ek sou gesê het. Ek sal jou môre (Saterdag) daar aanvat.
Ondertussen stel ek voor jy gaan plak ’n opsomming van jou standpunte hier op Praag in antwoord op wat ekj daar van jou geskryf het! Sterkte!
Thys se bangmaakstories
’n Eerlike afleiding wat van Thys se brief gemaak kan word, is dat hy: geneig is om sensasionalisties te wil wees (Jaco = die nuwe Afrikanergevaar); oneerlik teenoor sy eie mense op Praag (AfriForum is besig met onderduimse aktiewiteite, nl. Jaco = voltydse agent vir hulle hier op SêNet: geneig om onwaarhede te fabriseer vir aandag (hierdie sogenaamde “Nuwe-Afrikaner” = konserwetiewe meerderheid wat in die laaste nasionale verkiesing DA gestem het, is haatlik teenoor ander Afrikaners).
Hy doen nie vooraf navorsing om sy vermoedens as feitlik te bevestig nie. Indien hy moeite sou gedoen het om my skrywes hier op SêNet na te gaan, sou hy agtergekom het ek is ’n heel ander mens as wat hy verbeel ek is. Maar ja. As hy siende blind wil bly, of horend doof, wat kan ’n mens maar sê, as maar net vir hom jammer voel?
Vervolgens ’n voldwone afleiding is dat alles wat Thys te sê het, nou en in die toekoms, met ’n knippie sout geneem word.
Jaco Fourie