Thys. Jy val AfriForum en myself aan van ’n onbekende ondersteuningsbasis. Jy gee voor jy is nie Praag nie, want jy skryf: “Terloops, jy is verkeerd oor my deelname aan Praag”.
Jy sê verder: “Die VKK is nie die eintlike ondersoekers na ’n kantonstelsel nie. Hulle was nie eens deel van die vergadering in September verlede jaar waar die konsep verder geneem is met die stigting van ’n organisasie om in terme van bestaande wetgewing sekere groepsregte op te eis nie.” Wie is hierdie “organisasie” waarvan jy praat, wat en waar was hierdie vergadering en onder watter vaandel? Hoekom het jy nie daaroor uitgewei nie, in die lig dat AfriForum ’n besprekingspunt was as Afrikaner-voorstander? Hoekom die geheimhouding aan jou kant?
Jy sê: “Sommige mense praat nog van ’n "volkstaat" maar die konsep word al taamlik lank as onprakties en nie-realisties nie beskou.” Lank geneem om uiteindelik tot daardie slotsom te kom nè. Ten minste weet ons nou jy ondersteun nie die volkstaat konsep (meer) nie. Die AWB, Bravoland, en vele ander Afrikaner politieke sektes, volgens hulle webblaaie glo steeds daaraan, nieteenstaande wat jy hierbo sê. Dit wil ook voorkom onse Jap Rap ook.
Ek kom agter dat jy aanvaar die moontlikheid dat die kantonstelsel binne die raamwerk van die NSA sal moet plaasvind, dws nie volkome onafhanklikheid verkry nie, want jy sê: “Maar hulle beywer hulle minstens vir ’n gebied of gebiede waar die Afrikaner groter – verkieslik volle – seggenskap oor sy eie sake kan uitoefen.” Hoekom dan Flip Buys aanval waar hy sê dat hy homself ook as volkome Suid-Afrikaner aansien, want hierdie kantonne, indien binne die NSA raamwerk, sal ook sodanig moet doen? Is jy nie besig om te huigel nie?
Kom ons twee debatteer die kanton-moontlikheid vir Afrikaners. Lank voor Jaap dit ge-opper het, het ek dit hier op SêNet voorgestaan. Rekord daarvan is te vinde in die ou Argiewe, sowat 3 of 4 jaar gelede. Ek het sedertdien tot die slotsom gekom, dat net soos die volkstaat, die kantonstelsel nie vir die Afrikaner haalbaar is nie, maar ek is bereid om ’n oop gemoed daaroor te hou.
Jaco Fourie


Kommentaar
Vergeet dit, ou. Ek debatteer alternatiewe vir Afrikaner-selfseggenskap en -oorlewing slegs met Afrikaners – beslis nie met sogenaamde "Nuwe Afrikaners" nie.
Toemaar Thys.
Ek het 'n vermoede gehad dit gaan jou antwoord wees. Jy, soos Judge Dredd, erken hiermee dat julle julle moses in my teegekom het, en is nou bang om my feitlik te konfronteer.
Hou jou woord gestand wanneer ek binnekort wel die kanton-opsie gaan bespreek. M a w geen kommentaar van jou nie.
Jaco Fourie
Jaco, jy is so vol van jouself dat jy eintlik oorloop daarvan. As beide die idee van ’n eie volkstaat en ook ’n kantonstelsel dan onhaalbaar is en onrealisties is volgens jou, wat stel jy dan voor? Filosofeer terwyl ons vermoor, verkrag en vertrap word? Ja, dit klink soos jy – ’n regte renegaat.
Ou beesblaar.
Jy yap; yap soos ’n k*brak van die sylyne. As jy so sterk oor jou volkstaatjie voel, vertel ons daarvan. Ek het jou in jou vorige brief gevra, maar tjoepstil van jou kant.
Jy het die kans nou om jou saak te stel in my ander skakel. Moet net nie weer daar ook net yap yap nie, staaf jou argument met feite, of "just shut the fuck up"
Jaco Fourie