Thomas se rapportering van die Orania koringfees is weereens ’n bewys van die inherente onbetroubaarheid van ’n agnostikus se vermoë om feit van fabel te onderskei.
Op sy eie weergawe, is Thomas by sy aankoms met die Skeppingsverhaal gekonfronteer en dit is toe net dáár waar alle objektiewe waarnemingsvermoëns van dié ateïs in die stof byt. Lees gerus sy weergawe, wat met dié sinsnede van hom, opgesom kan word: “Behalwe hierdie kreasionistiese aanbiddingstent was daar ongelukkig verder niks op die Koringfees om te sien nie …”
Lees mooi wat hy skrywe – niks te siene nie... Wat ’n wanvoorstelling van die werklikheid…
Die waarheid is egter dat dit ’n baie dinamiese fees was. Kennisse se familie woon daar en navraag het opgelewer dat dié fees eintlik baie te siene opgelewer het en ’n nuutjie was – dit was gebaseer op interaktiewe deelname deur die toeskouers. Bietjie huiswerk op die internet het dit bevestig – só kon toeskouers byvoorbeeld gaan kyk het hoe, wat gemeen word, die grootste stroper in die land, koring oes, selfs deur die nag. Daar was uitstallings, ’n monoloog drama opvoering, emoes in die bewaararea, allerlei kundigheid oor die verskeie soorte koring, selfs ’n plek waar “paint ball” gevegte gehou was vir die meer avontuurlustiges, ens. en het meer objektiewe mense wat verstaan wat gebeur, duidelik tevrede gestel.
Die onbetroubaarheid, insigloosheid, leuenagtigheid en vooroordeel van ’n ateïs word toe uiteindelik weereens gedemonstreer, hierdie keer deur ’n eenvoudige landelike gemeenskappie waarop hy op duidelik hovaardige manier neersien en hulle met sy negatiewe benadering, bloot omdat hulle gelowiges is, probeer verkleineer.
So gepraat van aandag soek – mens wonder waarom dié vent, Thomas, sy persoonlike sake op die forum wil uitblaker – wie stel belang waar hy wil kuier en waarom en watter paaie hy wil ry? Wie stel belang in sy familie se Kersfees besoekreëlings? Al wat mens kan dink is dat, ten spyte van sy geld wat hy duidelik mee probeer spog (hy vertel almal gedurig ongevraagd hoe hy dit spandeer), is die agnostikus se beleweniswêreldjie maar uiters beperk en ingeperk. Om te dink dat dié doktorale kandidaat nie eens die insig het om te verstaan wat in ’n landelike gemeenskap plaasvind nie… weens sy agnostisiteit wat sy gedagtegang absoluut oorheers en verdof.
Is dit nie skandelik hoe dié mense net nie ’n les kan leer nie.
Groete,
Kobus de Klerk

