Hello
Dit is nou al ’n ruk bekend aan my dat Comestor die boek in sy versameling het, net soos ek dit ook in my versameling het en dele daarvan gelees het. ’n Goeie boek in die algemeen en was dit ekstensief deur die media gedek met ’n magdom onderhoude wat deur die skrywer gevoer is.
Die wete dat die boek in Comestor se besit is was bevestig met die aanhalings wat van Markus Quotus gekom het en ’n direkte ooreenstemming wat dit getoon het met die boeke wat Comestor se bakens is, die JS Mill byvoorbeeld.
Daar is dus geen klagte van wanvoorstelling in hierdie brief van my kant af nie, behalwe om te bevestig dat dit moeilik is om die boek werklik “opgesom” aan te bied.
Dit bespreek natuurlik Wikipedia, Cornelius Henn se watergat en word Wikipedia gelyktydig wantrou maar tog word dit deur almal gebruik. Die stelling word gemaak dat die inligting wat dit bevat is onbetroubaar maar tog akkuraat. Die rede hoekom dit akkuraat opeindig is omrede daar vrywilligers is wat beter ingelig is en so die nodige korreksies aanbring.
Die internet word ook natuurlik bespreek, en alhoewel Comestor gereeld aandui dat die deur my geplunder word, is dit nie ’n korrekte aanduiding van my metodiek op die internet nie, aangesien die internet as ’n abstraksie deur my wantrou word weens die onbetroubaarheid van die inligting wat op die internet sirkuleer.
Dit is daarom dat gebruikers wat bewus is van instellings wat op die internet funksioneer, na daardie instellings sal beweeg, soos die BBC, nuusblaaie soos die NYT, WSJ en FT of publikasies soos Science of TLS.
Instellings met ’n sekere reputasie vir standaarde gehandhaaf word dan die instellings waarheen die ingeligte gebruiker sal gaan om die ervaring soos dit bekend is weg van die internet moontlik te maak op die internet en maak dit inligting daarom met min moeite beskikbaar vir die gebruiker.
Hierdie informasie, die vloed dan, bring die volgende uitdaging:
We are all patrons of the Library of Babel now and we are the librarians too.
In daardie vloed, die magdom inligting wat tot ons beskikking is, is die verantwoordelikheid nou joune, jy is jou eie bibliotekaris.
Dit is dalk die kern van die boek?
Baie dankie
Wouter

