"The Alpha Song" deur Raymond Horn

  • 0

The Alpha Song

Ek wag vir die dag as die mensdom vergaan
en ? ligstraal my op die voorkop slaan
Mense wat wil vooruit gaan
Wil voorkeur kry en nooit afstaan

Mense kyk neer op my
Want ek’s die een wat anders lyk
Dalk vat almal my verby
maar ek sal by my waardes bly

KOOR:
My wêreld vergaan
Hoekom bly jy staan?
My wêreld vergaan
Wie dink jy gaan jou kom haal?
(As ek jou deur my venster sien, ? lot kry wat min verdien )
Stop en kla maar nou

Hoekom beoordeel jy my
voordat jy my leer ken?
As ek jou moes hulp aanbied
sou jy my met meriete toeken

KOOR:
Die wêreld vergaan (hoekom bly jy staan)
die wêreld vergaan (almal bly net staan )
Hoekom beoordeel jy my (vergaan)
voordat jy my leer ken (wêreld vergaan)?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top