Thatcher: Terrorisme in konteks?

  • 0


Hello George et al, 

Baie dankie vir die kommentaar. 

Weereens is die gevoel dat daar moet gesoek word na die oorsprong van Margaret Thatcher se denke in hierdie verband en  kan daar dalk gekyk word na 'n uittreksel uit 'n toespraak wat gelewer is na 'n bomaanval deur die IRA wat sy oorleef  het. Soos deur die meeste onthou sal word, was dit in 1984, maar aangesien daar niks was wat haar kon onderkry nie het sy  die volgende dag 'n toespraak gelewer en word die volgende uit dit aangehaal: 

“The bomb attack . . . was an attempt not only to disrupt and terminate our conference. It was an attempt to cripple Her  Majesty’s democratically elected Government. That is the scale of the outrage in which we have all shared. And the fact  that we are gathered here now, shocked but composed and determined, is a sign not only that this attack has failed, but  that all attempts to destroy democracy by terrorism will fail.”

Hoor in jou verbeelding veral hierdie gedeelte wat met oortuiging gelewer kan word net soos Thatcher dit kon doen: 

'all attempts to destroy democracy by terrorism will fail'. Die klem en klimaks op 'fail'. 

Indien jy dit sou wou hoor, kan jy na hierdie spesiale uitsending van BBC Radio 4 se World Tonight Program luister. 

Daardie program kan hier gevind word: 

http://www.bbc.co.uk/programmes/b01rqnvz

Dit open met daardie, 'all attempts to destroy democracy by terrorism will fail'. 

Die ANC het nie 'n kans gestaan nie. 

Maar tog in 1985 onderteken Thatcher die Anglo-Ierse ooreenkoms om verbeterde betrekkinge tussen die Verenigde Koninkryk  en die Republiek van Ierland daar te stel en dui die Times of London in hul oorsig oor Thatcher dat Thatcher het begin  beweeg in die rigting om nasionalistiese aanvaarding van die instellings van Noord-Ierland en verbeterde begrip en  samewerking oor Ierse beleid te ondersteun en veral die volgende gedeelte staan uit, en so ook in verhouding tot  terroriste in die VSA en elders. 

Soos verwag kan word is die ooreenkoms gekritiseer deur Unioniste wat geweier het om te aanvaar dat die ooreenkoms die  grondwetlike status van die Provinsie bevestig het. 

Thatcher, wat in baie opsigte die mees Unionistiese premier van Konserwatiewe Party premiers was het nooit veel omgegee  vir hierdie ooreenkoms en het Thatcher in haar aftrede haarself daarvan gedistansieer. 

Hierdie was dus duidelik nie 'n persoonlike voorkeur nie en is Thatcher deur omstandighede gedwing om met vryheidvegter,  'terroriste' vrede te maak. 

'The Lady was for turning (sometimes) - na aanleiding van Thatcher se bekende frase@ 

“You turn if you want to. The lady’s not for turning.”

Daar word baie gemaak van die feit dat Thatcher sanksies teen Suid-Afrika teengestaan het maar is daar op die rekord 'n  weergawe wat aandui dat Thatcher se raadgewers aangedui het dat Britanje die risiko geloop het om die laaste verdediger  van apartheid te wees en is Thatcher oor tyd oortuig om nog dimensies in Britanje se buitelandse beleid daar te stel. 

Die uiteinde van hierdie ontwikkeling was dat Brittanje steun gelewer het aan Zimbabwe, Mosambiek, Botswana en omstreke  as 'n verweer teen Suid-Afrika se aanvalle in die gebied teen Suid-Afrika se buurstate. 

Bogenoemde uit Richard Dowden, Africa, Altered State, Ordinary Miracles. 

Die program waarna verwys word sluit in die menings van Lord Lawson, FW De Klerk, Colin Powell, Ian McEwan, Alexei Sayle  - and Steve Nallon van Spitting Image.  (Wie onthou dit?)

Vir die wat direk na De Klerk se gedeelte wil luister kan dit vind op 30:00 minute en word ook voorafgegaan deur Gerry  Adams se kritiek van Thatcher dat die IRA was teengestaan in die openbaar en tog was daar gesprek in die geheim'. 

Om te herhaal: 

Duration: 45 minutes First broadcast: Monday 08 April 2013 In-depth reporting and analysis from a global perspective with Ritula Shah. Tonight - the political economic and cultural  legacy of Lady Thatcher, who's died aged 87.

The reflections of Lord Lawson, FW De Klerk, Colin Powell, Ian McEwan, Alexei Sayle - and Steve Nallon from Spitting 

http://www.bbc.co.uk/programmes/b01rqnvz

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top