Terugblik

  • 0

Foto: Canva.com

Terugblik

Innie dae voo kouwit nientien
die wêreld op hol gedjaarit
soes ’n korrupte political party
wou ek by jou ga inloe
om my conscience skoon te kry
en om sorrie te vra
oo promises wat ek gemaakit
en nooit nagekomitie
oor jou droeme wat deu my toedoen
nooit bewaarheid issie
oo jou toevlug tot die drankbottel
waavoo ek responsibility vat

Ek wou oek self gan sieke maak
of it biete gan met jou
want ek’t gehoo
djy’t soes ’n true boxing champion
die kanker in jou longe
’n uitklophou gegie

Ek wou it met my eie oë sien
al het ek getwyfel
of ek steeds welkom is

Ek het wel een agtemarag
aan jou ma se deu geklop
met blomme in my hand
en jou favourite chocolates
Hoe kon ek daavan vegiet?

Die kyk in jou ma se oë
toe sy in die voodeu veskyn
het my banger gemaak
as kleintyd se spoeke
by my kamevenste
en ek het daadlik gewiet
iets is vekeed

Met trane in haar oë het
jou ma my vetel
daa was goed
waaoo djy
met my
wou praat
maar ek was te laat
want die kanker het wee opgestaan
en jou dié kee tot in
’n nooit-wee-wakke-wôd-slaap geslaan

Die blomme’t uit my hand geval
toe jou ma vra of ek gewietit
djy’t tot oppie einde
vi my gewag

jou ma sê
djy wou net hê
ek moes ’n joke met jou kô deel
soes innie goeie ou dae
soelat ek en djy vir oulaas saam kon lag

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top