Terug in die verlede
met verlede wat homself
in die hede herhaal
kom herinneringe
van tye toe net water en liefde
al wat nodig en goed genoeg was
in die hede is gras altyd groener aan die ander kant
ten spyte van herinnering uit die verlede
daarom kom spyt altyd te laat
en so het ons vir vergewe en vergeet
om tot redding te kom van spyt
maar selfs vergewe sukkel om te vergeef
en steek vir vergeet in die rug met spyt
aan die herinnering
dat die verlede homself
altyd in die hede herleef
![]() |



