Terminaal
As die lewe jou te veel rond gooi
En niks maak meer sin nie
Wanneer alles verkeerd is
Doen jouself ’n guns
Hou op dink en doen net
VOOR-KOOR:
Ons staar ons blind in dit wat ons wil sien
Die gevolge van onttrekkings-
Simptome
Sal ons ooit iets kan wees?
KOOR:
Red my van hierdie ondanighede
Daar is sin agter my malheid, ek belowe
Teleurstelling tref jou op die onverwagste oomblikke
Toe jy my vind was dit klaar terminaal
Daar is reeds te veel skandaal
Moenie daarin val om te stagneer
Ek wil hê jy moet verkeer
En aangaan met jou lewe
Hou aan om te strewe om ontslae te raak van die seer
VOOR-KOOR:
Ons staar ons blind in dit wat ons wil sien
Die gevolge van onttrekkings-
Simptome
Sal ons ooit iets kan wees?
BRUG:
Alles werk nie uit soos wat jy dit wil hê nie
Maar moenie geluk soek waar daar nie is nie
Jy sal OK wees sonder my
KOOR:
Red my van hierdie ondanighede
Daar is sin agter my malheid, ek belowe
Teleurstelling tref jou op die onverwagste oomblikke
Toe jy my vind was dit klaar terminaal
Daar is reeds te veel skandaal
Want jy’s te laat, ek’s weg


