Teregstelling van dwelmhandelaars en vervoerders daarvan

  • 0

Ek sê dit prontuit. Ek is ’n uitgesproke voorstander van die doodsvonnis vir die volgende misdade:

Moord
Gewapende roof
Verkragting
Kindermolestering
Menseroof en ontvoering
Marteling
Dwelmhandel en dwelmvervoering

Ek het geen simpatie met die vrou wat in Sjina tereggestel was nie, en die een wat nou onlangs in Bangkok gevang is, verdien dieselfde lot. Die misplaaste “sob”-stories oor hierdie mense doen niks vir my nie.

Inteendeel die Sjinese was heel begenadig in hulle vorm van teregstelling. Ek sou eerder die galg voorgestel het.

Dwelms in Suid-Afrika is so vrylik en maklik verkrygbaar, nieteenstaande die polisie se verlorende pogings om dit te probeer bekamp nie. Die skade wat dit aan die Suid-Afrikaanse samelewing doen is vernietigend. Dit maak van ons pragtige jeug “zombies”, dit is ’n katalisator tot alle vorms van misdaad. Die handelaar en smous, vir ’n vinnige “buck” vernietig ander se lewens geheel en al.

Nee wat roei hierdie peste uit. Hulle verdien niks minder as teregstelling nie.

Jaco Fourie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top