Temper, temper! Anton

  • 0

Hehe! My jeukende ding-a-ling-a-ling. Jy moet na jou gesondheid omsien ou, pasop vir daardie hoë bloeddruk!

Persoonlike beledigings is jou bewese vorm van debatvoering. Lesers, ek staaf my stelling deur julle uit te nooi om Anton se snert op Praag te lees, en self te oordeel of ek die waarheid praat al dan nie. Meeste van sy galbraak-rubrieke durf hy nie hier op SêNet herhaal nie uit vrees vir skade aan sy selfbeeld wat hy hier onder julle probeer polish.

Hy skryf onlangs aan my: “want in ’n politieke debat word jy (Jaco) met die grootste gemak met die vloer gelyk gevee.” Is dit sy beste verdediging op my vorige skrywe toe ek gesê het: “Ek slaat jou plat op die grond met my onthullings van jou geniepsige rubrieke, jou weersprekings en jou verwaandheid. EN JY VERDEDIG NIE JOUSELF NIE!!! Hehe ou maat, wees meer oorspronklik as dit, of kort jy genoegsame grys-selle tussen daardie ore van jou om dit te kan doen?

Ek het hom by herhaling in die verlede gedurf om met my te debatteer oor Praag se verskeie “volkstaat” voorstellings asook oor die vryheidsmanifes waaroor hy homself so gereeld bekak. Maar nee. Hy ontwyk my elke keer en doen sy stelling hierbo omtrent my, glad nie gestand nie. Te bang vir nederlaag.

Ag foeitog boetie.

Jaco Fourie

Brief verkort. – Maggie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top