Tekort aan Insig die rede

  • 0

Ek wil graag aansluit by Joan Hambidge se treffende doodsberig oor die besluit om Insig se nek om te draai. Die feit dat ‘n gehalte-tydskrif opgeoffer is terwyl die een poniekoerant en selebriteits-aanbiddingsblad oopgemaak word deur diegene wat glo belang stel in die voortsetting van Afrikaans as kulturele voermiddel, getuig van die tipe kommin en glibberige sakepraktyke waarvoor Afrikaners bekend geraak het. Synde in die mediabedryf, weet ek van tydskrifte met die helfte van Insig se sirkulasie wat vlot sake doen en nie net met matige winste spog nie, maar ook met lojale lesers en adverteerders. Dat Insig nou kamstig gefaal het getuig nie soseer van kapitalistiese gulsigheid nie – soos wat sommige skrywers beweer – maar aan gebrekkige sakebeginsels. Miskien sal dit help as die hoof van die betrokke tydskrifsektor, wat in die media die sluit van Insig probeer verklaar op ‘n manier wat selfs vir Graeme Smith sou laat bloos het, in die eerste plek Afrikaans magtig was. Die RPG 7 is egter deur die kerk en met die heengaan van Insig is ons op pad na die tipe samelewing wat Brasilië kenmerk – 'n land waar die media gesorg het dat plastiese chirurge, sokkerspelers en sepiesterre die samelewing se begeerlikste rolmodelle is. Nou dat ek daaraan dink, hoe ver is ons daarvandaan af?

Emile Joubert

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top