Teken in op Hoezit! en wen!

  • 0

Teken in op Hoezit! en wen!

Kweek jou eie sneeuvlokkie! Verken die Noord- en Suidpool! Toets jou kennis oor superkoel diere! Wolbom ’n winterkaal boom! Ontdek die wêreld van Ice Age 3!

Die Junie-uitgawe van Hoezit! fokus op alles wat bibber en beef, net om die koue wintersaande ’n bietjie op te kikker. En om dinge nog warmer te maak: alle lesers wat in Junie vir ’n jaar lank inteken op die elektroniese weergawe van Hoezit! staan ’n kans om een van vyf Nintendo 3DS-konsoles ter waarde van R1 999 elk te wen!

Hoezit! is sedert April as ’n elektroniese tydskrif beskikbaar op die MySubs-platform. Lesers kan ’n enkeluitgawe teen R23,95 koop, of vir ’n jaar inteken - teen 20% afslag. As jy só op Hoezit! inteken, kan jy die elektroniese weergawe op jou rekenaar, tablet of slimfoon aflaai, om oor en oor te lees!

Die werk so:

  • Gaan na www.mysubs.co.za en registreer.
  • Soek Hoezit!, of klik op www.mysubs.co.za/Hoezit.
  • Kies of jy een uitgawe wil koop, of wil inteken.
  • Gaan na "Betaal", vul jou kredietkaartbesonderhede in en laai jou e-tydskrif af!

Daar is ook baie ander kompetisies in die Junie-uitgawe. Lesers kan onder andere Ice Age 3- en Madagascar 3-geskenkpakke, One Direction-CD's, tonne lekkerleesboeke en Puss in Boots-DVD's wen.

Gaan kuier ook saam met Hoezit! op Facebook: www.facebook.com/ATKVHoezit.

Hoezit!-feite

Hoezit! is die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se maandelikse Afrikaanse voortiener-/vroeë-tienertydskrif. Dit is gefokus op ouens en meisies tussen die ouderdomme van 8 en 13 jaar

Hoezit! fokus op opvoedkundige inhoud, gebalanseer met vermaak en popkultuur. Hoezit! se inhoud word in vyf verskillende afdelings ingedeel, met ’n sterk fokus op verskillende aspekte wat deel uitmaak van die lewens van Suid-Afrikaanse kinders:

* Vermaak - Bespreek die jongste rolprente, DVD's, musiek en sternuus.
* My wêreld - Leer interessante feite oor ons planeet, diere, tegnologie ens.
* Ek voel - Fokus op die emosionele welstand van lesers.
* Slimkop - Leerplangerigte afdeling wat skoolkinders en onderwysers ewe graag gebruik.
* Vet pret - Selfdoendinge, sudoku's en woordsoeke.

Hoezit! is ABC-geakkrediteerd.

Redakteur: Donnay Torr, donnayt@atkv.org.za, 011 919 9063
Verkope en bemarking: Morne van Staden, MorneV@atkv.org.za, 083 257 3441
Intekenare: Lillian Meyer, LillianM@atkv.org.za, 011 919 9112

 
Die Junie-uitgawe van Hoezit! is nou op die rakke.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top