Tegnologiegebruik deur onderwysers vir leerders met leerhindernisse: praktiese wenke

  • 0

LitNet Akademies het onlangs ’n artikel, “Tegnologiegebruik deur onderwysers vir leerders met leerhindernisse” deur Herman Engelbrecht en Maryke Mihai, geplaas oor hierdie skrywers se navorsing op hierdie gebied. Praktiese hulpmiddels soos ’n groot moderne televisieskerm en leerders se persoonlike skootrekenaars is tydens dié navorsing gebruik. Die TV’s word gebruik vir films oor voorgeskrewe boeke en PowerPoint-aanbiedings. Die leerders gebruik hul selfone in sommige klasse.

In aansluiting hierby het LitNet, in samewerking met LAPA Uitgewers, Penguin Random House South Africa, die Afrikaanse Onderwysnetwerk en die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, op 8 September, Wêreldgeletterdheidsdag, twee webinare aangebied.

Die webinare is aan LitNet beskikbaargestel en die eerste van ’n reeks geredigeerde uittreksels word hier gedeel.

Yolandi Roux, die onderhoof van ’n remediërende skool, deel praktiese wenke om die gebruik van tegnologie in die klaskamer toe te lig. Haar wenke kan deur enige persoon in enige skool gebruik word.

Oor Yolandi Roux

Yolandi Roux het ’n meestersgraad in inklusiewe en spesiale onderwys, ’n diploma in leierskap en bestuur, asook ’n LLB. Sy is ’n geakkrediteerde onderwyser in beide Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk en is ’n lid van die British Psychological Society en die South African Council for Educators (SACE). Sy is die onderhoof van Crossroads School in Victory Park, Johannesburg.

Lees ook:

Tegnologiegebruik deur onderwysers vir leerders met leerhindernisse

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top