"Te bang om te los" deur Carel Duvenhage

  • 0

Te bang om te los

Van nêrens het jy gekom
Liefde het homself vermom
Net een kyk was nodig hierdie keer
Onverwags, onkant gevang, kon ek die liefde nie keer

Jou oë het my siel gevang
Jou glimlag my tydelik verlam
Ek moes terugkyk ? laaste keer
Soos ? gogga in ? web kon ek dit nie keer

Jy’s my hart se klop
My kompas se Noord
So gelukkig want jy’t aan my behoort
Met jou aan my sy het die lewe sin gekry

REFREIN:
Soos die son en die maan in hul weg gebaan
so moes ek en jy en ons liefde nooit vergaan
Ek klou vas aan wat was, wil nie kyk wat kom
te bang om te los, kan jy nie maar terugkom?

Ek blaai terug in die album
en probeer verstaan wat het fout gegaan
Dink aan elke oomblik, dit het als vergaan
Ek’s so jammer ek het jou laat gaan

REFREIN (x2)

Te bang om te los, kan jy nie maar terugkom …

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top