Tant Alie, oor zombies

  • 0

Tant Alie

Baie dankie vir die insigvolle uiteensetting van wat zombies nou eintlik sou impliseer, in krasse teëstelling met die opgestanes in die Woordverwysings. Heeltemal korrek. In stede van om in die beperking van die 600 woorde toe ook daarop in te gaan, het ek volstaan aan Oom Daan met my aanmerking “As hulle werklik zombies was, sou dit wél opslae maak …” – mens kan jou indink hoe almal daaroor tekere sou gaan.

Die probleem met die ongelowiges en Godloënaars is dat hulle dink hulle weet wat aangaan, terwyl hulle só klaaglik onkundig is – soos Oom Daan se onkundige verwysing na “zombies” nogeens uitwys.

Maar jou uiteensetting is inderdaad ’n uitstekende aanvulling en ’n waardige waarskuwing aan kritici van die Woord – hulle kritiek is uit dodelike onkunde en hulle het geen verskoning nie.

Voodoo is een van die mees gevaarlike religieë wat tuishoort onder die okkulte wat die HERE die mens natuurlik verbied, juis vanweë hulle demoniese geheul en hulle uitgebreide stelsel van vervloekery. ’n Verdere ontstellende aspek daarvan is dat die voodoo-okkult inderdaad ’n baie prominente rol in Haïti speel, wat nie te lank terug nie deur verwoestende aardbewings geruk is en Haïti word straks as die hoofsentrum van voodoo beskou. As mens fokus op die beoefening van voodoo in Haïti, dan sien mens hoe hulle geïnfiltreer het met gebruike en rituele, kleredrag en ikone kompleet, van die Katolieke Kerk …

Groete,

Kobus de Klerk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top