Tant Alie en die Woord

  • 0

Tant Alie

Ek is dit natuurlik ook eens met Erika en met jou oor die Ark en so ook alle ander wonderlikhede wat God vermag – Sy ganse skepping is ’n wonderwerk sonder weerga.

Tog is dit ook vir my as gelowige lekker om te verstaan bykomend tot wat ek glo – want God openbaar vir diegene wie wil weet, ook. Daarom is dit lekker om te verstaan dat dit wat ek altyd geglo het sonder te weet, in elk geval waar is en dat die Woord so betroubaar is, selfs en misken veral, wanneer dit op die proef gestel word (Psalm 46:2 en Maleagi 3:10 en Efesiers 5:9-10). Die HERE hou daarvan dat die mens Hom op Sy Woord neem, want Sy Woord is betroubaar.

Daarom is die verhaal van die Ark so ’n bemoediging en laat dit die ongelowiges besef dat God in Sy Woord gestand gedoen word, al ontken hulle dit hier in die openbaar teen hulle beterwete.

Dit is dus nie soseer om met hulle te stry daaroor nie, maar om die Waarheid van Gods Woord te konstateer. Daarin is daar louter plesier.

Groete

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top