Tant Alie
Na aanleiding van jou brief aan Cornelius waarin jy sy teatrale blaps teenoor Jan Rap uitwys in verband met die begrip “politieke mites”, skrywe jy onder meer “’n Mite verwys na ’n tradisionele verhaal/storie.”
Cornelius se religieuse blapse is juis sulke mites – die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal beskryf vir ons die volgende:
mi´te (-s)
1 Oorlewering omtrent gode en godsdiens; godeverhaal: Ou Germaanse mites. 2 Fabel; storie sonder grond: Daar is baie mites oor die gebruik van medisyne. Dit is sommer ’n mite dat alle kort mans minderwaardig voel. [muthos]
mi´ties b.nw en bw.
Volgens die mites; verdig; fabelagtig.
mi•to•gra•fie´
1 Voorstelling van mitiese voorwerpe in die kuns. 2 Beskrywende mitologie.
mi•to•lo•gie´
1 Al die oorgelewerde mites van ’n volk. 2 Gode-, fabelleer. mitolo´gies.
mi•to•lo•gi•seer´ ww. (gemitologiseer)
1 Tot ’n mite maak; mitologies voorstel. 2 Mites opstel en propageer: Die dade van politici mitologiseer.”
Dit is dus duidelik dat ’n mite in essensie en in wese ’n verdigsel, ’n onwerklikheid, is. Die tragiese is dat Cornelius juis die Woord ook so probeer mitologiseer soos ons lankal al sien hoe hy probeer en natuurlik ook so ’n eie mitologiese figuur van die ware beeld van die Godheid probeer maak, waaraan hy dan die Goddelike Naam probeer toeken. Tereg dan ook dat hy self na sy eie mites as sodanig verwys. Dit het baie lank geneem om hom by daardie punt te bring waar hy sy religieuse mites self by name noem.
Groete
Kobus de Klerk

