Tant Alie
Baie dankie vir jou ondersteuning. Ek sien jy is op jou pos en lewer weer jou sinvolle aktiewe bydraes.
Wat Cornelius aanbetref, het ons mos sy posisie reeds volledig uitgeklaar en steur ek my werklik min aan sy tirades oor my. Hy gaan seker maar nou weer deur ’n maniese fase en dan loop die aggressie vlakke by hom baie hoog. Waarheid was in ieder geval nog nooit op hierdie forum, sy vriend nie. Dat hy obsessief is, soos jy sê, is ook bepaald so.
Die interessante ding van hom is dat hy, afgesien van sy ander mistastinge en onwaarhede oor die HERE, in die toestand waarin hy verkeer, steeds meen dat alle ander religieë die HERE aanroep, ten spyte daarvan dat alles wat omtrent daardie religieë bekend is, hom direk weerspreek. Dit is asof hy nie die vermoë het om te onderskei dat die ander religieë juis nié die HERE aanroep nie, en dat geeneen van hulle die HERE Jesus Christus as Verlosser aanneem nie en meeste van hulle juis die HERE by Naam en hoedanigheid minag (soos die Islam en die Boeddhisme en die Hindoeïsme) en ander van hulle, geen erkentenis aan die bestaan en rol van die HERE demonstreer nie. Mens kan dus geen ag slaan op sy kettery oor die HERE nie. Cornelius van gedurig vas met die een of ander woordeboek, maar die insig in en korrekte konteks van wat hy aanhaal, ontbreek geheel en al en maak hy maar sommer sy eie stories daaroor op.
Cornelius stel nie in die Waarheid belang nie. Tewens, hy doen die Waarheid doelbewus oneer aan, want die HERE sê Self “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie …” ter uitsluiting van alle ander. Net so ook met die “moeder” storie wat hy probeer verkondig. Vandaar ook Cornelius se onverbloemde liefdelose aggressie teenoor werklike gelowiges en behoort hy eerder geïgnoreer te word.
Groete
Kobus de Klerk

