Taalgenoot word vereer

  • 0

Die PICA-toekennings, waarmee tydskrifte jaarliks vereer word, is gisteraand (15 November) by Emperor’s Palace gehou, en Taalgenoot het ’n prys ingepalm.

Carryn-Ann Nel se artikel oor Koos Kombuis, "Die onbekeerde, bekeerde Koos" (Herfs 2012) is bekroon met ’n PICA vir Beste profielskrywer van die jaar: Kliëntetydskrifte.
Sy sê: “Dis so ’n groot eer en voorreg om erkenning vir jou werk te kry! Dit is my eerste groot toekenning; ek voel nog half asof daar moontlik ’n fout gemaak is. Ek het Koos se eerlikheid waardeer, wat dit soveel makliker gemaak het om die artikel te kon skryf. Dankie ook aan Taalgenoot vir die geleentheid om so iets aan te pak."

Donnay Torr, redakteur van Taalgenoot, sê: “Ons is baie trots op Carryn-Ann: goeie inhoud is die belangrikste bousteen van enige tydskrif, en daarvoor het jy goeie skrywers en medewerkers nodig. Taalgenoot is voortdurend op soek na die anderste storie, die een wat jou oog vang en saamtrek op ’n leesreis en jou laat terugkeer vir nog. Dis wonderlik om te weet ons is op die regte pad.”

Taalgenoot is nou aanlyn beskikbaar as ’n elektroniese tydskrif – die perfekte geskenk vir liefhebbers van die Afrikaanse taal en kultuur, asook vir Suid-Afrikaanse ekspats!  Registreer hier. Teken aanlyn in en laai Taalgenoot op jou rekenaar, skootrekenaar, tablet of iPhone af.

Taalgenoot is ook op Facebook. Klik op die “Like”-knoppie en kuier elke dag saam met die redaksie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top