Taal of dialek?

  • 14

Die taaldebat en die onbeantwoorde asook die onantwoordbare stellings vlieg rond. Beteken dit egter enigiets? Verander dit enigiets?

Huh-uh, elke ou het sy eie idees, vir sommige is dit die taal van sy trotse voorvaders, vir ander die taal van die vyand, dis so enige plek, enige taal op aarde.

Vir my is dit eenvoudig, ek reken 'n taal sonder 'n land, sonder grondgebied, sonder 'n weermag, is nie 'n taal nie, maar slegs 'n dialek. Ek sien Afrikaans as 'n Hollandse dialek met sub-dialekte soos Kaapse Afrikaans, Oranjerivier-Afrikaans en Oos-Kaapse Afrikaans. Ek kan seker die Blou Bul-ondersteuners se taal 'n aparte dialek noem ook.

Afrikaans is in 1925 deur die baie kortstondige blanke Suid-Afrikaanse regering as 'n taal erken, dit het nou seker nie meer as 7 miljoen gebruikers nie en hulle word vinnig minder. Ek sien meer en meer Engelse woorde word ingesleep, dit maak die dialek amper 'n "slang". Maar Engels het ook 'n paar woorde uit Afrikaans aangeneem, trek, wildebeest, aardvark en dan die grootste en massief-wanaangewende apartheid. Die "left-wing" idiote oral op aarde gil "apartheid" vir enigiets waarteen hulle op daai dag protesteer. Dit daar gelaat.

Daar is seker geen reëls of wette wat bepaal of 'n spesifieke stel kommunikasie-geluide 'n taal of dialek is nie, so daar is seker geen definisie nie. Vir baie mense is Afrikaans 'n heiligdom, vir baie meer is dit 'n gehate taal. Ek het vrede met Afrikaans, ek kan dit praat en dis dit. Vir my is dit 'n krimpende dialek, dit was die taal van 'n klein groepie mense wat nie eens vir een enkele eeu 'n volk was nie. Hul taal is gebreek tot die vlak van dialek deur dieselfde mense wie hul land, weermag, industrieë, alles wat hulle tot stand gebring het vir hul vyande te gee.

Ek groet

Duitswester

 

  • 14

Kommentaar

  • Ou Maat,
    Eers definieer en koppel jy 'n "taal" aan die besit van 'n grondgebied en weermag, en daarna na 'n gewraakte en sinnelose tirade sê jy: "Daar is seker ... geen definisie nie".
    Jy het jou heil in Australië gevind. Hoekom nog gepla oor die Afrikaner wat hom steeds in Suid-Afrika bevind? Die Afrikaanse taalstryd is nie meer deel van jou wese nie, vergun die Afrikaner in Suid-Afrika sy eie stryd daartoe!

  • Duisterwester

    Jou tirade maak geen punt nie, wel 'n weerspreking mbt wat jy as taal en dialek beskou soos ek reeds hierbo uitgewys het, waaroor jy natuurlik tjoepstil is.

  • Hmm, sover kon jy niks sê oor wat die Afrikaanse geluide eintlik is nie, jy reken wel dat mense wat elders woon nie mag saamspeel nie, seker maar omdat jy nie weet wat om te sê nie. Jaco, die vergange Suid-Afrika het my land ingeval en beset vir lank, die vergange SA het hul taal in my keel afgedruk, die vergange SA het hul eie taal maar net as 'n "me too" beskou en dit langs die taal van hul meesters, die Engelse geplaas as 'n "me too" amptelike taal.
    So Jaco, ek kan, mag, sal, is geregtig op om hierdie taal wat ek beter as baie Afrikaners kan praat, te verdedig, af te takel, te gebruik of te ignoreer en daar is net mooi "Jack Shit" wat jy daaraan kan doen, om nou goeie Afrikaans te besig.
    Tjêk jou later my bra
    Duitswester

  • Duitswester, jy's in 'n groot mate reg wat weermag en grondgebied betref want dit is in 'n groot mate manifestasies van 'n soewereine volk. Aan die ander kant nou weer, ons het op 'n stadium 'n weermag en grond gehad en toe, volgens jou definisie, moes Afrikaans 'n volwaardige taal gewees het ipv 'n Hollandse dialek. Dit klop mos nou nie eintlik nie - van '94 af is Afrikaans skielik nie meer 'n taal nie. Maak nie sin nie.
    Wat wel gebeur is dat die taal besig is om erg agteruit te gaan en dit is juis die rede vir die taaldebat: Gaan hy agteruit of nie en, indien wel, wat kan ons daaraan doen.
    Wat die sub-dialekte betref - dit kan 'n redelike debat word of dit nou dialekte is of bloot Afrikaans met verskillende aksente. Kaaps byvoorbeeld, waarvan hier baie voorbeelde op LitNet is, is bloot swak Afrikaans; Afrikaans deurspek met Engelse woorde en sinsnedes.
    Ek kan nie nou sommer so vir jou die definisie van 'n taal gee nie maar om tale uitmekaar te ken is 'n definisie nie nodig nie - ek kan byvoorbeeld duidelik tussen Portugees en Frans onderskei, of Duits en Nederlands, sonder dat ek weet wat die definisie van taal is. Amper soos sekere natuurverskynsels - magnetisme byvoorbeeld; niemand weet wat presies dit is nie maar ons het akkurate formules en goed om met die manifestasies van magnetisme te werk. Of swaartekrag.
    Afrikaans is nie in 1925 as taal erken nie, teen 1925 was Afrikaans al lankal 'n taal. Wat wel waar is, is dat in 1925 Afrikaans 'n amptelike taal geword het.

  • Duisterwester
    Enigiemand kan 'n mening enige deel van die wêreld oor Afrikaans lug, maar sodanige mening sal gekritiseer word indien nie logies of sinvol uiteengesit nie soos in jou geval hierbo. Jou emosionele uitbarsting onmiddellik hierbo teenoor Afrikaans en die Afrikaner, is 'n toonbeeld hoe jou denke omtrent die saak "befuddled" is.
    Jy skryf: "die vergange Suid-Afrika het my land ingeval en beset vir lank, die vergange SA het hul taal in my keel afgedruk, die vergange SA het hul eie taal maar net as 'n "me too" beskou en dit langs die taal van hul meesters, die Engelse geplaas as 'n "me too" amptelike taal."
    'n Mens moet maar net raai wat jy hier bedoel. Omrede jy die naam Duitswester vir jouself gebruik, vermoed ek jy verwys na SA se oorname van die Duitse kolonie in 1915. Maggies man, is jy dan vasgevries in daardie era? Jy moet seker stok horing oud wees. Sou jy eerder verkies het dat die VVO die Suidwes-Afrika-mandaat vir Brittanje, Frankryk of 'n ander land gegee het? Dat Afrikaans 'n "me too" (jou woorde) saam met Engels as amptelike taal van SA saam bestaan het, is 'n natuurlike uitvloeisel van die blanke demografiese mengsel van die tyd, nl 60% Afrikaners en 40% Engelse.
    Bru, ons leef in 2016 waar ander dinamika in SA heers. Diegene wat heeltyd top oor die vergane verlede, hetsy Boere republieke, Duitswes-Afrika, apartheid-era, die goue jare van Afrikaner oorheersing, ens mors hul tyd en energie op steriliteit.
    Die realiteite is dat Afrikaans en die Afrikanerbootjie op 'n onstuimige swart see vaar wat dreig om dit te verswelg. Vir die voortbestaan van albei verg visie, aanpassings, nuwe denke en strategie daartoe. Gelukkig vir beide die taal en volk, is sodanige strategie reeds in wording, en selfs van dit al suksesvol toegepas.

  • Jaco, steeds hardloop jy in alles vas behalwe die paal wat jou sal laat stel of dit 'n taal of dialek is, in jou opinie bygesê.
    Maar dit nou daar gelaat, verdere gesprek is nie nodig nie, onderwerp toe, sou jy wou aangaan, kry ander deelnemers.
    Jy verstaan wat my case is, right?

    Duitswester

  • Duisterwester.

    Jy skryf: "Jy verstaan wat my case is, right?" Dead right. When cornered, you run away, as above, instead of facing up to your own blunders.

  • Duisterwester

    Terloops. Die feit dat die Engelsman, die Hollander, die Fransman en enige ander wêreldtaal vir my sê dat Afrikaans 'n taal is en nie 'n dialek nie, is vir my genoegsaam. Om jou definisie van taal en dialek soos jy hierbo aangegee te bestry, is oorbodig om die minste te sê.

  • 'n Dialek sou ek sê is maar variëteit van 'n taal wat deur 'n sekere groep in 'n gemeenskap gebruik word, soos bv Kaapse Afrikaans.

  • Hier is 'n paar baie goed-gestelde punte. Hier is ook Jaco se gesanik. Jaco, dit was 'n vraag en jy het dit dadelik in 'n persoonlike aanval verdraai. Ai, die arme vent is steeds kwaad-kwaad oor al die male wat ek en ander die vloer met hom gewas het.

    Jaco, die onderwerp is nou opgebruik, kry iets anders.

    Duitswester

  • Duisterwester

    Ek dog jy praat nie meer nie! "Die vloer met my gewas?" HaHa! Maggies, jy het elke keer weggehol wanneer jy vasgekeer was. Daar was nooit sprake dat jy die vloer met my ooit gewas het nie. Jy moet elke stelling van jou met bewyse staaf. Dit doen jy nooit nie, ook nie met jou weersprekende voorbeeld van jou eensinnige definisie van taal en dialek hierbo nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top