Sy soek haar eie song
Sy sê Arno skryf vir my tog iets
Ek soek my eie gedig
Skryf vir my, vergelyk die son met my gesig
Sy sê Arno skryf vir my iets diep
[Raptor]
Ek grou
Jy Grou
Ons Grou
Almal grou
Whoa nou
Die song raak te diep vir my
Vir my is jy iets soortgelyk aan iets baie mooi
Of so iets
As jy makeup dra is jou wange baie rooi
Of so iets
Toe ek jou die eerste keer sien het ek gedink jy is die mooiste mens wat ek nog ooit ontmoet het
Toe ek jou die eerste keer soen het ek gedink jy is die mooiste mens wat ek nog ooit gesoen het
[Raptor]
Tegnies is daar nog baie meisies wat jy nog nie gesoen het nie
[Arno]
Ja maar ...
[Raptor]
Al wat ek sê is daar’s nog baie wat jy nie gedoen het nie
[Arno]
Maar ek hou van haar
[Raptor]
Luister nou
Ek grou
Jy grou
Sy grou
Ons grou
Almal grou
Whoa
Die song raak te diep vir my
Hierdie meisie gebruik jou vir jou roem
Sy soek net haar naam op ons CD-kassie
So doen wat ek doen
moet nooit meisies wat liedjies soek trust nie
Sorry, ek sweer ek het probeer
Maar Raptor het my gekeer
[Raptor]
Ha ha
Grou, grou
Is dit diep genoeg vir jou?
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


