Sý Kersboom

  • 2

Gisteraand het ons Sý Kersboom versier.
Met 'n opgewondenheid heelaand deur
kouse opgehang teen die kaggelmuur,
deur die skoorsteen gaan Vader Krismis beur.

Kamma-slaap, wag almal om "op te staan".
Groot Ben, bote, treine, motors, vuurwerk
kondig Jesus se geboorte aan.
Die wêreld sing liedere in Sý Kerk.

Die heelal verlig oral waar jy sit.
Drukkies, soentjies, geskenkies, glimlagte. 
Herdenk ons Christuskind
in 'n klein krip.
Die Engel, Joseph, Maria, vir geslagte.

Vir die wat nié het, maak hul harte juig.
Soos Drie Wyse Manne,
knie voor Hom buig.

  • 2

Kommentaar

  • Rika Shepherd

    Ja Floris wat kan mens sê: "Jy net een van jou soort!" Mense gaan baie lank van jou praat ... gewoonlik is dit te laat! Xx

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top